Motoriste moet hoes vir tolpaaie

2011-06-02 07:23
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Wes-Kaapse motoriste sal moet regmaak om teen 2015 heelwat meer tolgeld op te dok, al weet niemand nog hoeveel meer nie.

Selfs die provinsiale regering, wat vroeër teen dié projek vasgeskop het, het toegegee al hoe meer nasionale tolpaaie blyk onafwendbaar te wees.

Die planne vir die Wes-Kaap behels die oprigting van vyf tolhekke: Op die N2 naby die af- en oprit by Spineweg; Op die N1 tussen Joostenbergvlakte en die afrit na Stellenbosch; Op die N2 aan die voet van Sir Lowryspas naby die Gordonsbaai-afrit; By Botrivier; en By De Doorns.

Dít volg nadat die aanvanklike toltariewe van 66c per kilometer in Gauteng vir eers op die lange baan geskuif is. Toltariewe hier is egter nog ’n duister saak.

Die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke het vroeër ’n eie ondersoek gedoen na die koste-implikasies vir die Wes-Kaap en padgebruikers en na moontlike alternatiewe.

Die ondersoek is gedoen omdat die kostes wat aanvanklik op R4 miljard beraam is volgens die Suid-Afrikaanse Padvervoer-agentskap (Sanral) se projeksies kan verdriedubbel en belastingbetalers hiervoor sal moet opdok.

Dit blyk uit die bevindings dat ’n kosteberaming tans buite die kwessie is, grootliks omdat die tenderproses nog aan die gang is. Sanral is besig met die laaste fase van die tenderproses.

Volgens mnr. Kobus van der Walt, provinsiale hoof van Sanral, sal dit na verwagting einde vanjaar gefinaliseer word.

Eers dan sal behoorlike kosteberamings gedoen kan word en sal Wes-Kapenaars ’n idee van die koste-implikasies kry.

“Die beginsel geld dat die gebruiker betaal vir wat hy gebruik en daar sál tolpaaie wees,” het Van der Walt gesê.

Robin Carlisle, provin­siale minister van vervoer en openbare werke, het gesê dit is nou ’n kwessie van wag en kyk. Die provinsie monitor die situasie om te bepaal “of hy vir oorlog of onderhandelings” moet regmaak.

Carlisle het vroeër gesê hy sal Sanral selfs hof toe sleep oor koste-implikasies van die projek vir die provinsie en sy mense.

Die Wes-Kaap het reeds ’n agterstand van R10 miljard rakende padinfrastruktuur.

“Waaroor ons wel kan beding, is die tolgelde en of luukses soos die tweede tonnel by die Hugenote-plaza en die verbypad in Somerset-Wes nodig is.”

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: paaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Administrator

Philippi, Cape Town, South Africa
Cordaid Urban Matters
Market Related

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.