Motorbestelling kan dalk salarisse betaal
2011-06-28 14:41
Swede – Die motorvervaardiger Saab gaan €13 miljoen (sowat R128 miljoen) vanaf ‘n Chinese maatskappy vir ‘n motorbestelling ontvang.
Dít kan dalk help om die werkers se salarisse te betaal.
Die eienaar, Spyker Cars, beweer die ooreenkoms met die onbekende Chinese maatskappy kan dalk genoeg fondse aan hulle gee om ook ‘n gedeelte van hulle skuld af te betaal.
Saab het verlede week bekendgemaak dat hulle finansiële probleme ervaar en nie hul 3 700 werkers kan betaal nie.
Volgens Eric Geers, woordvoerder van Saab, hoop hulle die Chinese maatskappy gaan solank ‘n voorskot vir hulle gee sodat die werkers se salarisse betaal kan word. Die salarisse moes al verlede Vrydag betaal gewees het.
Spyker het Saab in 2010 van General Motors gekoop.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP