Merc se Titaan hou aarde groener

2009-10-23 09:25
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vyf persent. Dis die groot syfer.

Nou kan jy ook sê: Aikôna, Sippel. Die groot syfer is 2,4 t, gevolg deur 5,1 m, gevolg deur sewe sitplekke.

Dis ’n sterk argument, want dís wat Mercedes-Benz se GL weeg, dís hoe ver hy van buffer tot buffer strek en dís hoeveel volwassenes hy met gemak kan vervoer, solank drie van die agterste vyf gemiddelde grootte of kleiner is.

Want kyk, so om 1,75 m sit maklik in die GL se derde ry stoele. Beset hulle en die pakplek tussen einste stoele en die luikrug raak knap. Maar sit sal jy sit. En pak sal jy pak, as net twee rye sitplekke ingespan word.

Al dié syfers dui net op een ding: Ons het hier met ’n reus te doene. Die GL het ’n titaniese lyf. Einste dan – teen 100 liter – ook ’n yslike brandstoftenk, want dink vir jouself hoeveel voggies so ’n yster moet suip om wiele te rol.

Om dié rede is dit dus nodig dat elke druppel wat gespaar kan word, gespaar word.

En dis presies wat Benz met die pas-gekuurde GL gedoen het.

Lugdinamika is verbeter, die 7G-Tronic-outokas se skuiwe is aangepas om beter brandstofverbruik te lewer en fensie nuwe 19 duim-wiele spog met bande wat minder rolweerstand bied.

Hoeka is 20- en 21-duimers ook opsioneel beskikbaar.

Tel genoemde drie besparingsfaktore bymekaar, seg Merc, en die gekuurde GL is 5% ligter op brandstof.

Só ingenome is Stuttgart met die wins dat hy selfs sy Blue-Efficiency-etiket om die dieselmodel se nek gehang het.

Laasgenoemde se naam is dus nou GL350 CDI 4Matic Blue-Efficiency, terwyl die petrolmodel steeds GL500 4Matic heet.
4Matic beteken doodeenvoudig dat die GL heeltyds deur al vier wiele dryf.

CDI staan vir Common Rail Diesel Injection.

En BlueEfficiency dui op ’n versameling maatreëls, funksies en stelsels wat ’n voertuig – diesel of petrol – brandstofdoeltreffender maak. Waar toepaslik, sluit dit natuurlik meganiese en tegnologiese verbeteringe in, hoewel laasgenoemdes nie ’n voorwaarde vir BlueEfficiency is nie.

In ieder geval lewer die nuwe GL se lugdinamiese verbeteringe, asook eko-vriendeliker ratwisselings plus lae rolweerstandbande die genoemde 5%-besparing en dis genoeg, reken Merc, om van CDI BlueEfficiency te praat.

Einste lewer die 3,0 liter-V6-turbodiesel 165 kW en 510 Nm, wat goeie woema beteken as jy eers die grote titaniese lyf van die lyn gesleep het. In goeie Benz-tradisie kos dit ’n stewige skop op die versnelpedaal voordat die GL begin beweeg.

Daarna is die CDI die rustigheid vanself, veral op die manier waarop aan’t voggies gesuip word.

Die petrol?

Wel, hy word deur Benz se magtige 5,5 liter-V8 gedryf. Dis ’n enjin wat 285 kW en 530 Nm uitskop, genoeg om in net 6,5 sek. van 0-100 km/h te versnel.

Tref ’n lang stuk reguit pad en pen die lepel teen die brandskort vas en uiteindelik sal jy 240 km/h op die spoedmeter sien.

Dis bitter vinnig vir so ’n tamaai wa.

En tog, ten spyte van sy lyf, voel die GL nooit onvas op die pad nie. Windgeraas is, soos in alle Mercs, deeglik in bedwang.

En reguitlynstabiliteit is, nogmaals soos dié van alle Mercs, voortreflik. Selfs remwerk is prima – of eintlik verstommend – solank jy nie terselfdertyd hoef te swenk nie.

Want wees sommer vooraf gewaarsku: Met die momentum van ’n 2,4t-SNV – laasgenoemde juis met ’n hoë swaartekragpunt – is daar niks wat jou teen hoë spoed gaan red as jy hard moet rem én woes uitswaai nie.

Verál nie op sagte lugvere en dempers nie.

Selfs sonder remwerk is die GL log en lomp genoeg dat sy lyf redelik wieg, rol, waggel en swaai as jy wild aan die stuurwiel pluk.

En ás jy rem, duik die neus ver na onder op daardie sagte vere.

Omgekeerd waarborg einste veerstelsel uitstekende ritgehalte. Gekoppel aan ’n waarlik hoë kapteinsposisie agter die (nuwe) stuurwiel en dis ’n wonderlike ervaring om oor die aarde te suiker, of die GL nou teer of grond trap.

Moet ook nie die grote Benz vir een oomblik in’t veld onderskat nie. Met ’n pens wat tot 307mm bo die aardkors lig, plus middel- en agter-ewenaars wat kan sluit, plus heuwelbeheer vir besonder steil afdraandes lewer die GL ’n ordentlike boendoe-verrassing.

Hy’s nie Range Rover-uitstekend nie, nee. Laasgenoemde bied boonop die voordeel van Terrain Response waarin elektronika al die regte stellings vanself vind solank jy die korrekte soort oppervlak (soos sand, modder of rots) inpons.

Gegewe egter dat ons GL-veldtoetse te midde van ’n Vrystaatse haelbui op rowwe Vrystaatse modderterrein en met teer-gerigte bande gedoen is en die Benz dwing ontsag af.

Daarby is hy beter op teerpaaie as die Range Rover.

Daarteenoor steek sy kajuit weer af. Sitplek vir sewe is indrukwekkend, maar die Benz projekteer nie naastenby die adellike binneruimse styl en klas van ’n RR nie.

Dis ook onnodig, voel ons, dat jy R7 000 ekstra moet uithaal om ’n 5m lange wa wat amper ’n miljoen kos met ’n tru-kamera toe te rus. En ’n volgrootte spaarwiel (wat per swaai-arm op die agterdeur gemonteer word) kos ’n verdere R20 000, terwyl ’n vermaakstelsel (met DVD-skerms agterin die voorstoele) om ’n verdere R30 000 vra.

Groot geld, maar jy kry ook ’n groot wa. En hy’s groot in meer as een sin van die woord.

Benewens ’n groot lyf het Benz se GL ’n groot hart en groot gees. Hy sal baie aandurf en, afhangende van bestuursvernuf, baie baasraak.

Die beste van alles is dat dit so moeiteloos gedoen word, onder meer deur ’n supermaklike en -vinnige ratkieriespriet op die stuurkolom, en dat die GL so fantasties lekker ry – ten minste 5% beter as enigiets anders op die pad, buiten ’n Lexus LS460.
So, daar het jy dit. Die groot syfer is T ...

Vyf persent. Onthou dit. Dit maak ’n verskil.

Pryse:
GL350 4Matic BlueEfficiency – R860 000
GL500 4Matic – R990 000

 - Beeld/Motors 

Lees meer oor: motors

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SAP Analyst

Port Elizabeth, South Africa
Connection42
Market Related

C# Developers (Cape Town)

Cape Town, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
R180000 - R250000

Cashier

Goodwood, Cape Town, South Africa
Persona Staff
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.