Meester Loeb wen weer in Mexiko

2010-03-12 10:41
Tweets Share Share line Print

Sébastien Loeb (regs) en sy navigator, Daniel Elena, het die naweek die Mexikaanse tydren ’n vierde agtereenvolgende keer gewen in hul Citroën C4. (REUTERS)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Dalk was dit die Citroën C4, dalk was dit die bekendheid met die grondpaaie, maar Sondag het Sébastien Loeb sy houvas op die Mexikaanse tydren verstewig toe hy die vierde keer op ’n streep op die boonste po­diumtrap gaan aantree het.

Die Fransman het in verlede maand se ope­ningsronde van die WRC-reeks, die Sweedse tyd­ren, tweede klaargemaak kort op die hakke van Mikko Hirvonen (Ford Focus).

Met Sondag se sege in Mexiko – en Hirvonen se vierde plek – het hy egter die voortou op die punteleer ingeneem met ses punte bo sy aartsvyand Hirvonen.

Loeb, en trouens ’n rits ander Citroën C4’s, het van die wegspring af die ren heeltemal oorheers. Die Franse motors was duidelik vinniger as die Fords en het uiteindelik met ’n puik 1-2-3 op die podium gespog.

Loeb se spanmaat Petter Solberg was tweede, skaars 24 sekondes agter die verdedigende kampioen.

Die Citroën- ju­nior jaer Sébastian Ogier was derde, net 2,7sek. agter Solberg, nadat dié twee deur die hele byeenkoms ’n ti­taniese stryd om die tweede plek teen mekaar gevoer het.

Hirvonen was vierde, gevolg deur sy spanmaat Henning Solberg (broer van Petter) in die vyfde plek. Dié vierde en vyfde plek was gelukkig steeds goed genoeg om aan Ford die voortou te besorg op die vervaardigers se punteleer. Dit was ’n effense troosprys ná wat vir Ford ’n nagmerrie-naweek in Mexiko was.

Die meester van ’n Loeb het reeds ná die eerste dag ’n gaping van amper ’n minuut oor sy naaste teenstanders opgebou.

Toe Sondag aanbreek, kon hy net “rustig” ry en sy motor vertroetel op die ruwe grondpaaie, terwyl hy só seker gemaak het hy waag nie enige kanse om sy voorsprong prys te gee nie. Vandaar dat sy wen-gaping met die helfte gekrimp het.

Loeb was ná die tyd uitgelate oor dié triom­fantelike naweek agter die stuur. “Goed, dis nog net die begin van die seisoen, maar ek’s rêrig gelukkig,” het hy gesê. “Die motor het goed gevoel en ja, dinge in die algemeen lyk heel skaflik.

“Dit was goed om te wen. Ek is terug aan die bopunt van die punteleer en daardie punte wat ons in Swede verloor het, het ons nou te­rug­gekry.”

Ogier was op sy beurt meer filosofies oor sy naelskraapse derde plek net agter Petter Solberg.

Die Fransman het in Saterdag se skofte nie so aggressief gejaag soos hy kon nie, en boonop aan die einde van ’n skof doelbewus getalm voordat hy oor die wenstreep is om genoeg tyd te verspil dat hy ’n swakker tyd as Solberg kon aanteken.

Dié strategie was om hom agter Solberg in Sondag se skofte te laat wegspring.

Die Noorweër sou dan die roete “skoonvee”, wat ’n moeiliker taak sou wees en derhalwe sy tyd sou benadeel.

Sodoende sou Ogier dus makliker kon inhaal op Solberg en die tweede plek verower.

Ongelukkig het dié plan toe skeefgeloop. Solberg het soos ’n besetene gejaag, en veral in die laaste slalom-soort skof die jong Fransman ore aangesit.

“Ja, goed, ons het ’n kans of twee gewaag,” het hy ná die tyd gesê, “en miskien kon ek vinniger as Petter gery het.

"Maar wat, hier is ek nou derde in die ren en dis steeds ’n deksels goeie uitslag.”

Die volgende byeenkoms is die Jordaanse tyd­ren op 1 April.

Punte ná die tweede ronde van die WRC-reeks:

1. Sébastien Loeb (Citroën) – 43

2. Mikko Hirvonen (Ford) – 37

3. Jari-Matti Latvala (Ford) – 25

4. Sébastian Ogier (Citroën) – 25

5. Petter Solberg (Citroën) – 20.

 – Beeld

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.