Meeste vroue stuur mans om motors te laat diens
2011-07-13 12:20
Kaapstad – ‘n Studie, gedoen deur Bosch Car Service in Brittanje, het bevind dat ‘n groot aantal vroue steeds vra dat mans hul motors moet neem om gediens te word.
Slegs 30% van vroue wat aan die studie deelgeneem het sê hulle neem hul eie motors vir ‘n diens in vergelyking met 70% van mans.
Nie een van die mans of vroue het gesê dat hulle ‘n ‘vrees’ vir motordienste het wanneer dit met huishoudelike take vergelyk word nie. Maar 35% vroue het wel gesê hulle dink nie hulle sal ‘n goeie ervaring by 'n motordiensplek hê nie in vergelyking met slegs 24% van mans.
Die studie is gedoen om bestuurders se persepsies te vergelyk en ook om vas te stel wat die publiek se kommer met betrekking tot motordienste is.
Byna die helfte van die vroue in die studie het erken dat hulle motordienste aan die mans in die families oorlaat, 36% los dit vir hul mans terwyl 6% hul kêrels vra en 4% se pappas dit vir hulle doen.
– iol.
– Volg Nuus24 op Twitter.