Meeste SA-motoreienaars koop wit motors
2011-11-29 11:13
Kaapstad – Wit is die regte kleur of ten minste wanneer dit kom om die kleur van jou motor te kies, toon 'n verslag wat onlangs bekend gemaak is.
'n Verslag wat onlangs deur die DuPont Automotive Colour Popularity vrygestel is, het bekendgemaak dat wit of pêrelwit Suid-Afrika se mees gewilde kleur is met ‘n 40% markaandeel.
Silwer is in die tweede plek met ‘n 22% markaandeel en swart in die derde plek met 12%.
Die aanvraag na wit voertuie het vanjaar toegeneem vir die skoon voorkoms wat dit na die voertuig se ontwerp bring met silwer en swart wat die kleure van luuksheid is.
In Europa het swart voertuie ‘n 25% markaandeel terwyl dit in Rusland meer as 23% markaandeel het.
Hier volg ‘n volledige lys van voertuie in DuPont se verslag:
1. Wit/Pêrelwit en silwer – gelykop 22%
3. Swart: 20%
4. Grys: 13%
5. Rooi: 7%
6. Blou: 6%
7. Bruin/Beige: 5%
8. Groen: 2%
9. Geel/Goud: 1%
10. Ander: 2%
– iol.
– Volg Nuus24 op Twitter.