Mazda se nuwe tawwe tienie
2010-02-02 15:30
Johannesburg - Mazda is reg om enige terrein aan te vat met die nuutste weergawe van die BT-50 reeks, die Mazda BT-50 Edge.
Die BT-50 Edge is altyd reg vir ‘n avontuur en spog met ‘n kragtige 3.0-liter enjin wat jou toelaat om selfs die moeilikste terrein aan te pak.
Die Edge sal as beperkte uitgawe beskikbaar wees.
“Vir diegene wat in die buitelewe floreer is die Mazda Edge net die ding. Dit is die perfekte voorbeeld van hoe krag en skoonheid saam kan werk om ‘n bevredigende rit te verseker,” het Doreen Mashinini, Mazda se bemarkingsbestuurder gesê.