Manlike bestuurders hofliker teenoor vroue
2012-01-09 09:00
Sydney – Mans is hofliker teenoor vroue in die verkeer en gee meer dikwels aan die skoner geslag toe as aan hul manlike eweknieë, toon 'n studie wat deur navorsers aan die Universiteit van Queensland in Australië gedoen is.
Die studie het ook bevind dat vroue meer dikwels dieselfde teenoor mans optree.
Die rol van geslag in hoflikheid op die pad werk na beide kante, het Redzo Mujcicc en Paul Frijters, die navorsers, bevind. Daar is ook bevind dat vroue meer waarskynlik 'n man uit 'n systraat in die verkeersvloei sal inlaat as vroue.
Hulle het 'n totaal van sowat 1 000 reg van toegang-geleenthede in Brisbane gemonitor. Die studie toon dat motoriste in 40% van gevalle ander by 'n verkeerslig of verkeersirkel voor hulle inlaat.
Mans het 42% van die tyd in dié situasie stilgehou en vroue 37%.
Maar wanneer die geslag van die bestuurder wat die verkeersvloei binnekom in ag geneem word, het navorsers bevind dat 22% meer mans as vroue 'n vrou uit 'n systraat inlaat en 15% meer vroue laat mans in.
Die grootste impak op die hoflikheid van bestuurders hang af van die teenwoordigheid van 'n passasier in die motor wat reg van toegang het. Motoriste was 25% meer gewillig om ander in te laat, het die navorsers bevind.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa-DPA