Maak só om slaggate te vermy
2011-08-22 09:31
Kaapstad - IAM Drive & Survive, een van Brittanje se voorste organisasies in risikobestuur, het wenke aan bestuurders gegee oor hoe om slaggate te vermy.
Altesaam 30% van motoriste wat aan ‘n peiling deelgeneem het, het gesê hul motors het skade opgedoen nadat hulle in slaggate beland het.
16% was al in ‘n slaggat-ongeluk betrokke of het al gesien hoe ‘n ongeluk plaasvind nadat ‘n motoris in ‘n slaggat gery het.
Wenke:
Die volgafstand tussen jou voertuig en die motor voor jou moet voldoende wees sodat jy die pad voor jou duidelik kan sien.
Indien jy wel in ‘n slaggat ry maak seker dat jy jou motorbande nagaan sodra jy gestop het. Kyk na die buite- sowel as na die binnebande.
Wanneer jy ‘n slaggat in die pad raaksien, moet nie net uitswaai sonder om eers rond te kyk nie.
Slaggate kom dikwels op dieselfde plek voor waar dit voorheen reggemaak. Wees dus steeds versigtig op paaie waar slaggate verwyder is.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.