Maak seker jy hoor jou kar biep

2012-01-27 07:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Suid-Afrikaners ly maandeliks verliese van meer as R2 miljoen omdat versekeringsmaatskappye nie eise uitbetaal nadat goedere met behulp van seinsteurtoestelle uit motors gesteel is nie, het die versekeraar Aon South ­Africa gesê.

 Kate Lellyett, hoof van persoonlikeprodukoplossings by die maatskappy, het gesê gevalle van seinsteuring (jamming) het die afgelope 18 maande drasties toegeneem.

Volgens die polisie word 40 gevalle van diefstal uit motors elke week in Sandton aangemeld.

Seinsteurtoestelle is in minstens 85% van die gevalle gebruik.

Misdadigers gebruik sulke toestelle om ’n motor-afstandbeheerder se sein te blokkeer wanneer ’n motoris die motor elektronies probeer sluit.

Die toestel keer dan dat die motor sluit.

Die misdadiger kan daarna by die motor inkom om goedere daaruit te steel.

Volgens Lellyett kan ’n toename in die getal eise weens seinsteuring oor die laaste paar maande ook gesien word.

“Seinsteuring het opmerklike implikasies vanuit ’n versekeringsperspektief. As daar nie tekens van gedwonge of gewelddadige toegang tot ’n motor is nie, sal die meeste versekeringspolisse nie vir eise van diefstal uit jou voertuig betaal nie.”

Veral skole en winkelsentrums in die noordelike voorstede in Johannesburg is gewilde teikens vir seinsteuring.

Kapt. Kym Cloete, polisiewoordvoerder, het gesê daar is ’n tendens van seinsteuring by veral laerskole in Sandton.

Ouers los hul handsakke en skootrekenaars in hul motors en misdadigers gebruik die toestelle om sulke goed te steel.

“Ouers moet altyd fisiek seker maak hul motordeure is gesluit.”

Lellyett het gesê motoriste kan hulself beskerm deur seker te maak hulle hoor die biep van hul alarmstelsel en die klank van die sluitmeganisme.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Technical Officer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R90 - R120

REFUNDS CLERK

Cape Town: Northern Suburbs
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.