Loeb wen gemaklik; het een hand op titel

2010-09-02 11:44
Tweets Share Share line Print

Beeld

Dit was die soort sege wat die syfermense weer na die rekordboeke laat soek het.

Die Fransman Sebastien Loeb het die naweek die Duitse tydren met bykans ’n minuut in sy Citroën C4 gewen om sy greep op die titel in vanjaar se Wêreld-tydrenkampioenskap (WRC) nog verder te verstewig.

Om die waarheid te sê, sommer ook vas te messel.

Met vyf seges in vanjaar se nege byeenkomste tot dusver reeds agter sy naam, wil dit lyk of Loeb wêreldtitel no. 7 beslis syne gaan maak.

Daar is nog net vier renne in die reeks oor en wanneer jy begin om met ’n gaping van 51,3 sekondes te wen (en dit boonop oor ’n spanmaat) begin die gevaarligte erg flikker.

Laas in die Michael Schumacher-era in Formule Een het motorsport so ’n groot gees in sy midde gehad wat alles om hom oorheers.

Maar terug na die naweek se teerpad-tydren in Triër, Duitsland.

Dit is die agtste keer wat Loeb daar ’n sege kon behaal wat op sigself ’n rekord in die WRC is.


Die Fransman het die ren van die begin oorheers en Sondag selfs in twee skofte die vinnigste tyd opgestel.

Agter hom het nog twee Ci-troëns sake om die tweede plek uitgespook.

Dani Sordo was uiteindelik tweede, terwyl Sebastien Ogier hard moes werk om die Ford Focus-jaer Jari-Matti Latvala agter hom in die vierde plek te hou.

Die Duitse ren het oor 407 km en 19 skofte gestrek, wat van hom die langste ren in die reeks maak. Die roete was deurgaans teerpad.

Ná die ren het die 36-jarige Fransman gesê dat hy dit geniet om daar te gaan deelneem.

“Ek het nog altyd goed gevaar hier; ek hou nie daarvan om hier te kom staan en verloor nie,” het hy opgemerk.

Loeb se 59ste sege in sy WRC-loopbaan beteken dat hy nou los voor op die punteleer is met 191 punte.

Dit is 58 punte voor Ogier (133), sy naaste teenstander.

Latvala is steeds in die derde plek met 117 punte, maar die Fin was uitgelate oor sy vierde plek.

“Dit is my beste vertoning hier tot nog toe” het hy gesê.

“Die motor is nie die vinnigste op die roete nie, so ek het heel tevrede gevoel om naby die Citroëns te kon bly, al kon ek hulle nie heeltemal inhaal nie.”

Die voormalige F1-kampioen Kimi Räikkönen het in die sewende plek klaargemaak.

Die volgende ren is die Japanse tydren op 10 September. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: tydren  |  sebastien loeb  |  duitsland  |  motors

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Tiida 1.6 Visia+ 5-dr
2011
R 139,990.00

FORD

Fiesta 1.6 TDCi Trend 3-dr Dsl MY06
2006
R 109,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 229,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.