Lisensies, rybewyse in Gauteng word duurder

2011-06-01 09:27
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Gautengse voertuigeienaars gaan, benewens die nuwe tolheffings wat op hulle wag, ook meer vir hul voertuiglisensies betaal.

Die lisensiegeld is van 5 Mei met tot 40% verhoog.

Mev. Octavia Mamabolo, woordvoerder van Gauteng se departement van paaie en vervoer, het by navraag gesê provinsies bepaal hul eie lisensiegeld, wat jaarliks hersien word. Sy het gesê Gauteng s’n was altyd laer as van die ander provinsies s’n.

“’n Groot aantal swaar voertuie is goedkoper in Gauteng geregistreer, maar word meestal buite die provinsie gebruik,” het Mamabolo gesê.

Die nuwe bedrae is op 2 Maart vir kommentaar gepubliseer, het sy gesê. “Motoriste en ander rolspelers het 21 dae tyd gehad om kommentaar te lewer.”

Mense wat hul lisensies in April, Mei en Junie moet hernu, betaal nou vir ’n jaar en 3 maande omdat die departement die verhoging van die lisensiegeld in die 2010-’11-boekjaar eers op 1 Julie gedoen het pleks van 1 April soos altyd.

Lisensiegeld word onder meer op grond van die voertuig se gewig bepaal. Eienaars van swaar voertuie word daarom die hardste deur die verhoging getref. Lisensiegeld vir voertuie wat tussen 11 500 kg en 12 000 kg weeg, is nou R16 551 – sowat R5 000 meer.

’n Volkswagen Golf se lisensie sal nou R432 kos en dié vir ’n Jeep Grand Cherokee R648.

    * Aansoeke om leerlingrybewyse en rybewyse en die uitreiking van albei gaan ook in die toekoms meer kos.

- Beeld

Lees meer oor: johannesburg  |  lisensies

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cashier

Goodwood, Cape Town, South Africa
Persona Staff
Market Related

Facilities Manager Co-ordinator

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Analyst Programmer (Siebel) (EE)

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.