Legendes mis dalk F1-opening
2010-03-03 01:22
Bahrain - Twee lewende wêreldkampioene kan moontlik die opening van die F1-seisoen in Bahrain misloop, het organiseerders gesê.
Die organiseerders van die Formule Een het verlede maand aangekondig dat al twintig lewende titelhouers die opening sal bywoon te viering van die 60ste bestaansjaar van hierdie gesogte byeenkoms.
As Jacques Villeneuve bestuur vir die hoopvolle Stefan GP, sal die 2010-rooster reeds vyf van die kampioene insluit, onder wie Michael Schumacher, Fernando Alonso, Lewis Hamilton en die 2009-wenner Jenson Button.
Die ander titelhouers wat definitief by die opening in Bahrain sal wees is Mika Hakkinen, Damon Hill, Alain Prost, Nigel Mansell, Niki Lauda, Keke Rosberg, Alan Jones, Jody Scheckter, Mario Andretti, Emerson Fittipaldi, Jackie Stewart en John Surtees.
Lees meer hier.