Landy-eienaars het rekord in visier
2012-02-08 11:27
Kaapstad – Geesdriftige Landy-eienaars sal op 3 en 4 Maart vanjaar poog om die Guinness-rekordboek te haal vir die meeste Land Rovers in 'n konvooi.
Craig Dutton, organiseerder van die geleentheid en stigter van mylandroverhasasoul.com, wou 'n geleentheid skep om Land Rover-eienaars bymekaar te bring, en het 'n interessante Guinness-rekord vir die meeste Land Rovers in 'n konvooi raakgelees. Die huidige rekord staan op 348 voertuie.
Dutton het het gesê 349 voertuie is reeds vooraf vir die geleentheid geregistreer vir die rekordpoging wat in die Midvaal-gebied in Gauteng gehou sal word.
"Ek wil sien of Land Rover-eienaars so fanaties is soos hulle sê," het Dutton gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter