Land Rover slaag sy hereksamen
2011-02-10 13:33
Kaapstad - Land Rover-grappies is so volop soos manne wat laataand, ná ’n paar drankies te veel, hulle braaivermoë oorskat.
Maar die nuwe Freelander II lyk goed, is veelsydig en volgens alle aanduidings is hy so betroubaar soos enigiets anders op die mark.
Sy veldryvermoëns is stukke beter is as enige ander sogenaamde “sagte” veldryer en sy grondvryhoogte van 21 cm is ook nie te versmaai nie.
Voertuie soos die nuwe Freelander slaag daarin om die skeidslyn tussen “harde” en “sagte” veldryers te laat vervaag. Trouens, sy veldryvermoëns is só goed – ondanks sy gebrek aan laestrekratte – dat dit sommige manne met “regte” 4x4’s die skrik op die lyf kan jaag.
Maak net seker jy’t ’n asmapompie byderhand as jy na die pryslys begin loer!

- Vir die volledige storie besoek Weg/Ry.
- Volg Nuus24 op Twitter.