Kry jou tol-e-skyfie

2011-11-03 07:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Motoriste kan van Donderdag af vir elektroniese skyfies (e-tags) op die nuwe tolpaaie in Gauteng registreer.

Die tolgeld sal waarskynlik van Februarie betaal moet word. Motoriste sal tolgeld op die eerste fase van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) moet betaal tensy iemand met ’n beter voorstel vorendag kan kom oor hoe om die R20 mil­jard-lening terug te betaal, het Nazir Alli, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Padagentskap (Sanral), Woensdag by navraag gesê.

Die eerste fase van die GFIP is dié dele van die N1 en die R21 wat reeds voltooi is.

S’bu Ndebele, minister van vervoer, het verlede week gesê Sanral moet alle werk met enige nuwe tolpadprogramme op nasionale paaie staak.

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van vervoer, het by navraag gesê dit is nie op die eerste fase van die GFIP van toepassing nie.

“Die heffing van tolgeld, soos deur die kabinet goedgekeur, sal voortgaan soos beplan, behalwe as ’n werkbare alternatief voorgestel word.”

Ndebele het in die verklaring gesê die kabinet het onlangs ’n taakspan aangestel, onder wie hy en mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, om die tolpaaie te ondersoek. Die kabinet het die e-skyfie-tariewe vir die GFIP se eerste fase goedgekeur.

“Die volgende fases gaan egter heroorweeg word,” het Ndebele in ’n debat in die nasionale raad van provinsies gesê.

Hy het verduidelik die beginsel dat die gebruiker betaal vir die verbetering en uitbreiding van Gautengse hoofweë is aan die einde van die 1990’s voorgestel. Die GFIP is ná verskeie gesprekke en raadpleging met rolspelers tot ’n tolpad verklaar. Sanral het ’n R20 miljard-lening met rente en voorwaardes aangegaan.

Hoewel die ontwikkeling van nuwe tolpaaie op die lange baan geplaas is, sal Sanral nou daarop fokus om provinsies en munisipaliteite kontrakte te help bestuur en die nodige vaardighede te ontwikkel, en bystand met die departement van vervoer se plattelandse-paaie-program verleen.

Ndebele het gesê Sanral gaan ’n verdere R1 miljard tot die opgradering en bou van paaie bydra. Die departement sal ook binnekort ’n spitsberaad oor die finansiering van paaie hou.

Tiyani Rikhotso, ook ’n departementele woordvoerder, het in ’n verklaring gesê die staking van werk aan nuwe tolpaaie het betrekking op die tweede fase van die GFIP, die N2 aan die Wildekus en die N1/N2-Wynland-projek, maar nie die eerste fase van die GFIP nie.

Hy het gesê die minister sal die direksie van Sanral wat van 1 Desember in hul poste dien, aansê om die GFIP-finansieringsmodel as ’n prioriteit op te los.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tolpaaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Administrator

Philippi, Cape Town, South Africa
Cordaid Urban Matters
Market Related

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.