Ken gevaarlike motoriste uit
2010-10-19 12:43
Kaapstad - Motoriste moet leer om gevaarlike bestuurders op Suid-Afrika se paaie te identifiseer omdat dié soort bestuurder toeneem, meen 'n kenner van die Automobiel Assosiasie (AA).
Volgens Gary Ronald, AA-woordvoerder, is dit belangrik vir motoriste om altyd bewus te wees van die omgewing rondom hulle terwyl hulle bestuur.
Hy meen motoriste moet leer om gevaarlike bestuurders uit te ken.
Motoriste moet bedag wees op enige voertuig waar die bestuurder se sig beperk is, soos 'n volgelaaide vragmotor wat geen kantspieëls het nie.
Nog ‘n gevaar is ‘n motor met aktiewe kinders en troeteldiere in, omdat die bestuurder moontlik nie konsentreer op die pad nie.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.