Kamera sal gemiddelde spoed bepaal

2011-11-02 07:05
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – In die soeke na ’n oplossing vir die talle ongelukke by die sogenaamde kruising van die dood in Langenhovenpark, Bloemfontein, het die owerheid nou ’n spoed-en-navorsingskamera hier opgerig.

Inwoners sê danksy dié kamera op die hoek van Nelson Mandelarylaan en Du Plessislaan ry baie motoriste al stadiger.

’n Verkeerslig wat vroeg verlede jaar ná inwoners se gesoebat van meer as ’n dekade by dié kruising opgerig is, het nie ’n einde aan ernstige ongelukke hier gemaak nie.

’n Lamppaal is weer onlangs deur ’n vragmotor omgery by die plek waar Francine van der Merwe (50) onlangs gesterf het.

Lukas Bezuidenhout, hoof van die ER24-nooddiens, sê dié gevaarlike kruising hou hulle steeds besig.

Die afgelope naweek was sy personeel weer hier op ’n ongelukstoneel.

Hy is ook ’n inwoner hier.

Bezuidenhout meen die kamera wat hier opgerig is, het reeds ’n merkbare verskil gemaak en baie mense ry nou, soos wat vereis word, 70 km/h.

Hy sê die gevaar is egter van so ’n aard dat spoedriffels en flitsende ligte hier aangebring moet word.

Sydney Mogaecho, adjunk-direkteur van verkeersbestuur in die Vrystaat, sê die huidige geel spoedkamera gaan vir ’n tyd lank hier wees om die gemiddelde spoed van voertuie hier te meet en voertuie te tel.

“Navorsing word gedoen om te probeer bepaal of spoed die oorsaak van die probleem is.”

Hy sê die Mangaung-metro-munisipaliteit wou nie verantwoordelikheid vir dié kruising aanvaar nie en die departement van polisie, paaie en vervoer het daarom ingegryp en gehelp dat verkeersligte hier aangebring word.

Hy sê ’n navorser is deur die departement aangestel om uitsluitsel te gee of spoed die probleem is en of kameras ’n wesenlike verskil gaan maak om mense se lewens hier te red.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 139,995.00

TOYOTA

RunX 140 RS 5-dr MY04
2005
R 109,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.