Jou motor se binneruim stel giftige gasse vry
2012-02-21 13:52
Kaapstad – ‘n Amerikaanse studie het die beste en swakste binneruimtes van motors, in terme van giftige chemikalieë, geïdentifiseer.
Die resultate is deur die Ecology Centre bekendgemaak.
Meer as 200 van die mees gewilde modelle van 2011 en 2012 is getoets vir chemikalieë wat vrygestel word deur dele soos die stuurwiel, paneelbord, armlenings en sitplekke.
Hierdie chemikalieë dra by tot die “nuwe motorreuk” en kan ‘n verskeidenheid akute en langtermyn gesondheidsprobleme tot gevolg hê.
Die blootstelling van giftige chemikalieë binne voertuie kan ‘n reuse-bron van besoedeling binne in die voertuig wees.
“Navorsing toon dat die binneruim van voertuie ‘n unieke mengsel bevat van honderde giftige chemikalieë wat in klein ruimtes gas afgee,” het Jeff Gearheart, die direkteur van navorsing by die Ecology Centre, gesê.
“Aangesien hierdie chemikalieë nie gereguleer word nie, weet verbruikers nie van die gevare wat daarmee verband hou nie.”
Hier volg ‘n lys van die vyf beste en vyf swakste motors wat die afgee van chemikalieë betref:
Vyf beste:
2012 Honda Civic 0.46
2011 Toyota Prius 0.55
2011 Honda CR-Z 0.63
2011 Nissan Cube 0.65
2012 Acura RDX 0.74
Vyf swakste:
2012 Mini Cooper S Clubman 2.84
2012 VW Eos 2.85
2011 Kia Sportage 2.87
2011 Chevy Aveo 2.89
2012 Hyundai Accent 2.98
– Lees die volledige berig by iafrica
– Volg Nuus24 op Twitter