Is jou nommerplaat wettig?
2010-02-17 09:43
Kaapstad – Volgens nuwe motor reëls is dit onwettig om enige vorm van advertering op voertuie se nommerplate te hê.
Volgens Johan van Vreden, ombudsman van die motorbedryf, mag die naam en plek van die motorhandelaar ook nie op die nommerplaat gedruk word nie.
“Geen ornamente, figure of letters, wat nie deel van die standaarde toerustig of konstruksie van die motor vorm, mag binne 150mm van die voertuig se lisensienommer verskyn nie,” het van Vreden in ‘n persverklaring gesê.
Van Vreden sê dat meeste handelaars en eienaars van voertuie nie bewus is van dié nuwe landswye reël nie.
As die reëls nie nagekom word nie, word die voertuig as onpadwaardig beskou en die eienaar sal vervolg word en boetes ontvang.
Volgens van Vreden is daar ook spesifieke vereistes aan die grootte van die nommerplaat.
Die enigste wettige groottes van nommerplate vir voertuie wat ná 1 Januarie 2010 geregistreer is, is 520mm X 113mm, 250mm X 205mm en 205mm X 165mm.
- Sapa