Honda stel goedkoper CR-V bekend
2012-02-08 14:34
Kaapstad – Die motorvervaardiger Honda het sy CR-V reeks uitgebrei en 'n nuwe bekostigbare 2.0 l model bekendgestel, het Honda Suid-Afrika bekendgemaak.
Die nuwe Honda CR-V 2.0 Comfort is daarop gemik om die CR-V eienaarskap en ervaring aan 'n brieër motor gehoor te bring, het iafrica berig.
Hoewel die CR-V die mees goedkoopste model in die reeks is het dit 'n volle lys veiligheidstoerusting wat lugsakke en ABS-remme insluit.
Dit bevat ook 'n alarm en immobiliseerder asook 'n sentraal-sluitmeganisme.
– Kliek hier vir meer inligting.
– Volg Nuus24 op Twitter.