Hierdie Ferrari lees jou brein
2011-01-12 08:25
Ferrari is glo besig om nuwe tegnologie te ontwikkel wat jou motor in staat sal stel om gedurig die bestuurder se fisieke en geestelike toestand te toets.
Dit is nie net ‘n toestel wat jou sal laat weet as jy agter die stuurwiel aan die slaap raak soos wat Mercedes het nie. Die sisteem sal die trekkrag en beheertoestelle aanpas in oorleg met jou sielkundige en fisiese toestand.
Die toestel sal inligting deur verskeie psigometriese en biometriese sensore kry wat in die motor geplaas is en sal die bestuurder se hartritme, bloeddruk en asemhaling meet terwyl ‘n kamera wakkerheid sal monitor deur te kyk na die tempo waarteen die bestuurder sy oë knip.
Die rede hoekom Ferrari die tegnologie ontwikkel is omdat hulle bekommerd is oor bestuurders wat hul bestuursvernuf oorskat.
- Vir die volledige storie besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.