Hibriedmotors volop op skou

2010-03-04 09:11
Tweets Share Share line Print

Lank is gegis oor of Mini ’n veldry-weergawe bekend gaan stel. Vandeesweek het die Countryman toe wel sy swart bufferstroke gewys. Foto’s: REUTERS

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's


Die gewilde Geneefse motorskou maak dit vandeesweek vir die publiek moontlik om in ’n kompakte vertoonruimte te kyk na ’n netjiese versameling hardekoejawel-vuurwaens, maar ook ’n goeie verteenwoordiging van omgewingsbewuste hibriedmotors.
Soos dit al hoe meer die geval op motorskoue is, moet die vervaardigers ook hul “groen” kleure wys en sodoende aan skeptici toon dat hulle nie net op kilowatts en V8’s ingestel is nie.

Behalwe Suid-Afrika se Joule – ’n volledig elektriese stadsmotor so groot soos ’n Renault Scenic – en ’n paar ander buksies wat net met elektriese krag aangedryf word, was die groot verrassing die bydrae wat “groen” supermotors tot die debat gelewer het.
Porsche het byvoorbeeld sy nuwe Cayenne, die tweede geslag van dié groot 4x4 van Porsche, uitgestal, en ’n produksiegereed hibriedmodel het ook sy plek in die uitstalruimte trots volgestaan. Dis nog net Lexus met sy RX-modelle wat redelikerwys ’n hibried-4x4 op die mark het.

’n Ander vervaardiger wat met ’n “groen” model verras het, is Ferrari.
Die Italiaanse hings van Modena het ’n groengeverfde 599 uitgestal wat oor ’n 6.0F-V12-petrolenjin asook oor ’n elektriese kragbron (74kW) beskik.

Terwyl Porsche al ’n hele paar jaar sukses met sy Cayenne gesmaak het, het Ferrari nog glad nie die 4x4-roete gestap nie. Tog waag hy nou sy toon in die nog moeiliker omgewingsvriendelike water. Daar is nog nie duidelikheid of Ferrari sy “groen” 599 na die produksielyn gaan stuur nie. Dalk wil hy die reaksie by die skou as ’n barometer gebruik voordat hy sulke verpligtinge aangaan.

’n Ander dilemma vir Ferrari met so ’n hibriedmotor is dat die elektriese kragbron ’n verdere 100kg by sy vuurwa se gewig voeg.
’n Ander sportmotor wat sy “groen” kleure gewys het, is Lotus se Evora Hybrid. Hy het ’n 1.2F-driesilinder-enjin (35kW) en twee elektriese kragbronne – een in elke agterwiel geplaas – van 152kW elk. Die elektriese enjins kry hul krag van ’n litium-battery wat in die middel van die motor se maag geplaas is vir beter gewigverspreiding.

Lotus sê as jy die buks net in elektriese modus gebruik, sal jy ’n reikafstand van net meer as 50km kan haal.
Die battery word oornag gelaai deur die motor tuis by ’n gewone muursok in te prop. Die klein petrolenjin (85kg) is bloot daar om die battery te herlaai as jy eers op die pad is.

Om die rygevoel nader aan dié van ’n tradisionele motor te bring, het Lotus ’n eie sewegang-ratkas ontwerp wat die bestuurder sewe “ratte” gee waardeur hy kan versnel.

’n Prius, in elektriese modus, gebruik byvoorbeeld net een rat.

Die Evora spog met ’n versneltyd van vier sekondes vir die 0-100km/h-lopie en ’n totale reikafstand van 380km.
Teenoor die “groen” Evora staan Audi se RS5 met sy bekende 4.2F-V8, wat 331kW en 430Nm wringkrag lewer. Ondanks ’n gewig van 1750kg kan die RS5 glo in net 4,6sekondes tot 100km/h versnel. Die topspoed is 250km/h, en die verbruik sal, as jy ligvoets ry, op 10.8F per 100km te staan kom.
’n Sewegang-DSG-tipe-ratkas stuur die krag na al vier wiele, en die meeste daarvan sal onder gewone omstandighede na die agterwiele gaan.
Ná ’n groot hoe-ha sewe jaar gelede gaan Porsche nou sy tweedegeslag-Cayenne bekend stel.
Die nuwe Cayenne lyk in egte Duitse tradisie nie veel anders as sy voorganger nie. Tog is die lyne varser, ronder en selfs in ’n mate avontuurliker as die ou Cayenne s’n.


Met die nuweling het Porsche heelwat tyd en moeite afgestaan om die vuurwa ligter te maak. Dit is onder meer vermag deur van ligter metale gebruik te maak, maar ook deur die enjins en onderstel se ontwerp te vereenvoudig.
Die Cayenne S spog byvoorbeeld met ’n struktuur wat 180kg ligter as die vorige model s’n is. Dis nou ondanks ’n bakgrootte wat 48mm langer is as vantevore. Ook is die asafstand nou met 40mm gerek.

Saam met verbeterings aan die enjinreeks (wat grootliks dieselfde grootte enjins as die ou model s’n is) het die Cayenne beter verrigtingsyfers, beter CO2-syfers en beter brandstofverbruik.

Die grootste sprong vorentoe is egter die bekendstelling van die hibried-Cayenne. Benewens die nuwe 3.0F-V6-petrolenjin met drukaandrywing van die Audi S4 het dié knaap ’n elektriese kragbron wat 34kW lewer. As die twee kragstelsels saamwerk, kan jy met ’n enorme kragsyfer van 580Nm wringkrag teen net 1000r/min. sit, sê Porsche. Daarby is die verbruik (8,2/100km) en CO2 (193g/km) minimaal.

Die elektriese kragbron kan tot 60km/h op sy eie werk, terwyl die petrolenjin vanself kan afskakel (tot 150km/h) as jy in ’n sogenaamde sweef-modus op ’n gelyk pad ry.

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... WAT, is daar so iets soos n “Nommer Een Taxi-bestuurder”. Aikona eish ek glo nie daai ding Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

NISSAN

Micra 1.4 Elegance 5-dr
2004
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.