Herwin-program maak motorbande duurder

2012-01-12 06:51
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Jy kan dalk reeds van volgende maand af meer vir nuwe bande vir jou voertuig betaal.

Dit is as die nuwe heffing wat as deel van ’n motorbandherwinningsprogram ingestel is aan verbruikers deurgegee word.

Boonop kan dit jou sak verder ruk as duurder bande vir vragmotors tot hoër vervoerkoste en uiteindelik duurder goedere lei.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het die plan van Recycling and Economic Development Initiative (Redisa) vir die bestuur van afvalbande in November ingevolge die Afvalbande-regulasie van 2009 van die Omgewingsbewaringswet goedgekeur.

Die oogmerk van die plan is om afvalbande uit die omgewing te verwyder deur sowat 150 depots oor die land heen te vestig en mense te betaal om die bande daarheen te neem.

Om die plan te finansier gaan ’n heffing van R2,30/kg van 1 Februarie op alle motorbande in Suid-Afrika gehef word.

Teen R2,30/kg sal die heffing op vier bande vir ’n middelslag-gesinsmotor sowat R80 beloop.

Die heffing op vier bande vir ’n groot bakkie sal sowat R320 beloop.

Dieter Horni, besturende direkteur van Continental Tyre SA, het gesê die heffing sal eindelik aan verbruikers deurgegee word, want die plaaslike bandevervaardigingsbedryf sal dit baie swaar vind om die bykomende kostelas te dra.

“Continental Tyre voorsien dat die groter uitwerking op die vragmotorbedryf gaan wees, waar die koste tot dié van die vervoer van goedere en dienste gaan bydra.

Dit kan ’n dubbele heffing beteken vir die gewone Suid-Afrikaanse verbruiker, wat bande vir sy persoonlike voertuig moet koop en dalk die hoër koste van goedere en dienste moet dra,” het hy gesê.

Hermann Erdmann, uitvoerende hoof van Redisa, het gesê die verbruiker dra tans die “koste” van afvalbande in die skade wat dit aan die omgewing aanrig.

Redisa moet teen einde November reeds begin bande insamel, het hy gesê.

Die bande sal verskaf word aan ondernemings wat dit herwin vir rubbersplinters, olie en staal.

Alle vervaardigers, invoerders en handelaars van motorbande moet voor einde vandeesmaand by Redisa registreer, het Erdmann gesê.

Horni het gesê daar is nog nie met hulle oor die plan gepraat nie.

“Continental Tyre sal voortgaan om die SATRP-plan te steun wat die afgelope sowat tien jaar deur die bedryf ontwikkel is.”

Dié motorband-herwinningsplan is in September verlede jaar deur die departement van omgewingsake afgekeur. Volgens Horni sal dit weer voorgelê word.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: herwinning

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 139,995.00

TOYOTA

RunX 140 RS 5-dr MY04
2005
R 109,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.