Helen Zille maan dronk bestuurders
2010-11-03 12:07
Kaapstad - Die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, het Dinsdag drinkers gewaarsku teen alkoholmisbruik oor die feesseisoen.
“Moet nooit drink en bestuur nie. Alkohol laat mense dinge doen wat hulle nooit nugter sou doen nie,” het Zille gesê.
Die Wes-Kaapse leier het ook gesê owerhede moet “alles in hulle vermoë” doen om misdaad verwant aan alkohol- en dwelmmisbruik oor die Kerstyd te bekamp.
Lees meer hier.