General Motors sny kostes wêreldwyd
2011-08-10 11:35
Detroit, Michigan – General Motors (GM) beplan om in die toekoms die aantal motor- en vragmotorrame wat hulle wêreldwyd gebruik om hul motors op te bou, te halveer.
Hulle wil sodoende kostes bespaar op ingenieurswerk, ontwerpe en vervaardiging.
Die maatskappy beplan ook om die kapasiteit van fabrieke in Brasilië, Rusland, Indië en China teen 2014 met 45% te verhoog.
GM het in 2010 op 30 verskillende monterings motors en vragmotors gebou.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP