'Gat in pad is groot gevaar'

2012-02-21 08:03
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Inwoners van ’n straat in North Riding, Johannesburg, meen dis net ’n kwessie van tyd voordat iemand in die reuse-gat daar val.

Die gat voor die North Rand Metodistekerk in die besige Blandfordweg is sowat 11 m by 2 m groot en sowat 4 m diep.

Johannesburg Water (JW) het dit glo in Augustus 2010 gegrawe om ’n gebarste waterpyp reg te maak, maar nie weer toegegooi nie.

Reën en stormwater het die gat groter laat word en die grond onder die teerpad toenemend uitgehol. Aan die ander kant van die pad kraak die mure van ’n huis langs die kerk omdat die grond aan daardie kant ook uitgehol word.

Inwoners meen dit hou groot gevaar in vir hulle, gemeentelede en die kleuters wat ’n crèche sowat 100m daarvandaan bywoon.

“Dit is nie meer ’n kwessie óf iemand gaan seerkry nie, maar wanneer,” het Susan Mottram, DA-raadslid van die North­ways-wyk, gesê.

Sy het talle klagtes ontvang van mense in die gebied en vergeefs talle e-posse aan die Johannesburgse munisipaliteit gestuur om die probleem op te los, het sy gesê.

Dis nie net gevaarlik vir voetgangers nie, maar ook vir motoriste, meen Mottram.

Eerw. John Bailie, predikant by die kerk, het gesê hy is verbaas dat niemand nog seergekry het nie.

Baldwin Matsimela, woordvoerder van JW, het gesê hul werk is verby wanneer die pype reggemaak is. Al het JW die gat gegrawe om die pype reg te maak, is dit die Johannesburgse Padagentskap (JRA) se werk om dit toe te gooi.

Adv. Thulani Makhubela, JRA-woordvoerder, het gesê hulle weet van die gat en die gevare. “Ons wil die gemeenskap verseker ons doen alles in ons vermoë om die proses aan te jaag.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Test Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000 - R20000

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 139,995.00

TOYOTA

RunX 140 RS 5-dr MY04
2005
R 109,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.