Franse motoriste sal asemtoetsers moet dra
2012-02-22 11:10
Londen – Nuwe wetgewing wat op 1 Julie in Frankryk in werking tree sal dit nou verpligtend maak om 'n asemtoetser in elke voertuig beskikbaar te hê, berig The Telegraph.
Motoriste wat sonder dié toestelle betrap word sal met 11 euro (sowat R112) beboet word.
Die asemtoetsers, wat sowat £2 kos (sowat R25) sal motoriste in staat stel om self te bepaal of hulle die Franse alkoholperk van 50 mg per 100 ml bloed oorskry.
Die asemtoetsers sal ook aan spesifieke veiligheidstandaarde wat deur die Franse owerhede bepaal word, moet voldoen.
– Lees hier meer.