Ford se Everest pure Ranger-bakkie

2009-11-13 08:45
Tweets Share Share line Print

Dit is beter as die tradisionele bakkie met ’n kappie, al is dit ook maar net-net. Hier praat ons van die nuwe Ford Everest, wat pas in Suid-Afrika losgelaat is.

Om die Everest te verstaan, dink aan die Toyota Fortuner, wat basies ’n toegeboude Hilux-bakkie is. Of kyk na die nuwe Mitsubishi Pajero Sport, wat niks anders as ’n toegeboude Triton-bakkie is nie, die Pajero-glansnaam ten spyt.

Met die konsep is nie veel fout te vind nie. Suid-Afrikaners is lief vir dubbelkajuitbakkies; en vir diegene wat nie die bakkie ook as ’n werkesel gaan inspan nie, maak die idee dus heeltemal sin. Toyota oorheers egter tans dié segment heeltemal met sy Fortuner, van wie verlede maand alleen meer as 600 eenhede verkoop is. Dit is dus nie vreemd om die Fortuner-naam gereeld onder die topverkopers in Suid-Afrika te sien nie.

Nou wil Mitsubishi en Ford ’n sny of twee van die koek hê. Ford se kanse is waarskynlik groter om ’n beduidende deel te kry omdat daar meer as een Everest-model is en die Everest-reeks boonop goedkoper as die Fortuner én die Pajero Sport is. As dit dus bloot oor prys gaan – ondanks wat jy daarvoor kry – staan die Pajero agter in die tou.

Die nuwe Ford Everest bestaan basies net uit een enjinweergawe, maar daar is drie verskillende modelle.

Die onderstel en platform is in wese dieselfde as die Ranger-bakkie s’n. Om die waarheid te sê, alles is dieselfde as in die bakkie.
Soos met sy mededingers is daar nou ’n derde ry sitplekke waarop twee mense kan sit. Hoewel daar genoeg ruimte tussen die derde ry en die tweede een voor dit is, sit die sitplekke maar laag en gaan jou knieknoppe dalk soos die berg Everest voor jou uitstaan.

Diegene wat met die Ranger-dubbelkajuitbakkie vertroud is, sal weet sy ruimte vir die agterste insittendes is maar beperk en nie naastenby wat ’n Hilux of ’n Navara bied nie.

Nie ’n probleem in die Ford Everest se geval nie. Die eerste aanduiding hiervan is die groter agterste deure (en nie die pophuisdeurtjies van die dubbelkajuitbakkie nie).

Wat die res betref, is die binneruim pure Ranger-bakkie met dieselfde instrument-uitleg. Die passasiers in die tweede ry kry darem hul eie lugversorger-openinge, en daar is selfs luginlate vir die twee passasiers in die derde ry.
Van die laaste ry gepraat: Die sitplekke kan opgevou of uitgehaal word, wat jou dan met ’n reusagtige laairuim laat.
Die Everest het al die nodige luukses en veiligheidstoerusting soos vier lugsakke en ABS-remme, maar nie ’n elektroniese stabiliteitsprogram soos die jongste weergawe van die Fortuner nie.

Die afwerking is egter gemiddeld, en die uiters onpraktiese roomkleur-afwerking binne is ongelukkig al wat beskikbaar is, sê Ford.
Van buite is die Everest pure Ranger-bakkie. Wel, ten minste van voor gesien. Ek is bevrees van agter af lyk dit – veral met die noodwiel op die bagasieklap se deur – na die een of ander Chinese sportnutsvoertuig. Terloops, die Everest word in Thailand gebou en is al geruime tyd in Asië te kry, maar nie in Europa nie.

Ford het, anders as Toyota, besluit om die bladveer-uitleg van die bakkie net so in die Everest te gebruik. Ford sê dit stel die voertuig in staat om ’n groter vrag met gemak te dra, die grondpad-hantering is bo verdenking, en nie veel ritgehalte op die teerpad word ingeboet nie.

Op die bekendstellingsroete kon nie veel met die Everest se padmaniere verkeerd gevind word nie. ’n Mens sal dit nie as ’n verfynde rit beskryf nie; dit is maar soos ’n mens van dié klas rygoed kan verwag.

Die dieselenjin se kraglewering is voldoende eerder as opwindend, en die outomatiese ratkas (met vyf gange) se skakelpatrone en die oorskakel-aksies is gangbaar. Die outomatiese 4x4-model kry draaiknop-oorskakeling vir 4H en 4L, en die handratmodel maak van die tweede ratkierie gebruik. Ford het die Everest ook met ’n beperkte gly-ewenaar toegerus, anders as die ewenaargrendel wat in die meeste bakkies diens doen.

Vir Ford is die koms van die Everest natuurlik baie belangrik, aangesien die vervaardiger sedert die stille afsterwe van die sagtebaard-4x4-Territory plaaslik geen sportnutsvoertuig in sy stal het nie.

Nog ’n bietjie Ford-nuus is dat die Focus RS nie Suid-Afrika toe kom nie weens sy hoë prys en die feit dat net ’n beperkte aantal gebou word wat so te sê reeds verkoop is.
Wat wel kom, is die vierdeur-Fies­ta, asook dadelik meer luikrug-Fies­tas om in die groeiende plaaslike vraag te voorsien. Daar is selfs sprake van ’n nuwe Fiesta ST.

Die vorige-generasie-Fiesta sal volgende jaar ’n terugkeer maak as die Figo en sal dalk ’n tuiste vir kopers van die duurder CitiGolf-modelle word.

Ford is trots dat al sy sake-eenhede wêreldwyd geld maak, sy markaandeel groei en dat ywerig gesoek word na ’n koper vir Volvo, wat steeds ’n verlies maak.

Ford sê ook hy is baie trots op die sukses van sy Fiesta-reeks waarvoor daar reeds waglyste is. Baie min Fiestas word ook aan motorhuurmaatskappye gelewer; die grootste volume is handelaarsverkope wat goeie sake bied, aldus Ford.
Die pryse van die drie modelle in die Everest-reeks is:
Ford Everest 3.0 TDCi XLT 4x2 handrat – R324 990;
Ford Everest 3.0 TDCi XLT 4x4 outomaties – R364 990; en
Ford Everest 3.0 TDCi LTD 4x4 outomaties – R382 990.

Lees meer oor: motors

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Administrator

Philippi, Cape Town, South Africa
Cordaid Urban Matters
Market Related

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 139,995.00

TOYOTA

RunX 140 RS 5-dr MY04
2005
R 109,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.