Ferrari se bakbouer sterf
2011-11-24 07:05
Modena, Italië – Sergio Scaglietti, Ferrari se bakbouer, is in die ouderdom van 91 by sy huis in Modena, Italië, oorlede, het Wheels24 op hul webwerf berig.
Scaglietti was 'n talentvolle werktuigkundige en 'n vriend van Enzo Ferrari en sy seun Dino.
Hy het in 1951 sy eerste herstelwerk-winkel gehad oor die pad van die Ferrari werkswinkel in Maranello.
"Hy was een van my pa se beste vriende. Hy was langs my die dag toe my pa gesterf het en het die hele nag by my gebly tot die begrafnis. Ek was lief vir hom en hy was 'n baie belangrike deel van my lewe gewees," het Ferrari se seun Piero gesê.
Luca di Montezemolo, voorsitter van Ferrari het gesê: "Vandag is 'n baie hartseer dag vir Ferrari. Ons het 'n vriend, reisgenoot en 'n man wie se naam vir altyd aan die Ferrari 612 Scaglietti gekoppel sal wees verloor."
– Volg Nuus24 op Twitter.