FBI-agent ry gesteelde Ferrari in boom vas
2011-05-27 12:08
Londen - Die woedende eienaar van ‘n peperduur Ferrari F50 dagvaar die Amerikaanse FBI ná ‘n agent van dié staatsdiens met sy gesteelde supermotor in ‘n ongeluk was.
Die motor is in 2003 uit ‘n vertoonlokaal in Pennsilvanië gesteel, maar die speurdiens het dit vyf jaar later opgespoor, berig Daily Mail.
‘n FBI-agent, Fred Kingston, moes die motor in Mei 2009 skuif terwyl dit nog onder polisiebewaking was.
Kingston het egter om ‘n hoek gegly en die Ferrari in ‘n boom ingejaag.
Die agent moes ‘n paar steke kry, maar ‘n passasier, assistent-prokureur J. Hamilton Thompson, was ongedeerd.
Die eienaar van die voertuig eis $750 000 (sowat R8,5 miljoen) van die regering, maar die FBI weier sover om te betaal.
Lees meer en sien foto’s van die verwoeste F50 hier.