F800 baan dalk weg vir CLS

2010-03-12 12:33
Tweets Share Share line Print

Die netjiese opvolger van die CLS? (Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Ook Mercedes het die grofgeskut nader gerol vir sy uitstalling op die Geneefse motorskou, wat pas afgeskop het.

In egte Merc-tradisie sal hy sy groot konsepmodel weer met ’n F-benaming begin, dié keer heet dit die F800 Style.

Die F800 is omtrent so groot soos ’n nuwe E-klas en spog met ’n baie lang asafstand en kort oorhange voor en agter. Die profiel herinner ook sterk aan die huidige CLS-sedan met sy geronde dak- en bagasiebaklyne.

Trouens, dis geen wonder dat die F800 so erg op die CLS trek nie. Die konsepmodel bied bes moontlik ’n voorsmaak van hoe die nuwegeslag-CLS daar sal uitsien. Die nuwe CLS word juis in September op die Paryse motorskou verwag.

Die groot F800 bied egter meer as net ’n voorsmaak van hoe Merc se volgende sedan-koepee-vuurwa gaan lyk. Te oordeel na sy interessante en opwindende lyne, het Merc hier ’n nuwe ontwerptaal beet.

Vanuit die foto’s geoordeel, het Merc se tekenmense ’n bietjie by Chris Bangle se vlam-ontwerp gaan leen. Die deure spog met kepe, inhamme en verwikkelde oppervlakke – aspekte wat sterk kenmerke van Bangle se avant garde-stilering was.

In die binneruim het Merc glo heelwat klem gelê op lig wat inskyn (dink baie glas-oppervlakke, wat deksels warm in SA kan word) en houtinsetsels om hom luuks te laat voorkom.

Daar is ook ’n nuwegeslag-raakskerm in die instrumentpaneel, terwyl die GPS-stelsel nou ook vir jou die reikafstand op ’n kaart kan aandui. Dit is iets wat veral handig vir ’n elektriese motor (met sy kort reikafstand) kan wees.

Volgens vroeë inligting sal die F800 met ’n verskeidenheid aandrywingstelsels toegerus word.

’n Fris V6-petrolenjin van 3,5liter wat 224kW lewer behoort standaard te wees, maar Merc sal hom ook met groen enjinstelsels wil kombineer. Dit sluit in ’n elektriese motor (81kW) wat met ’n litium­ioonbattery werk en ’n brandstofsel wat met waterstof werk.

Met net sy batterykrag sal die F800 so 30km kan ry en 120km/h haal. Gekombineer met die petrolenjin raak dinge darem beter – 250km/h is die topsnelheid, sê Merc.

Nog ’n opwindende vuurwa wat sy gesig in Genève wys, is die Joule, Suid-Afrika se eie elektriese motor.

Die Joule is die breinkind van die Kaapse ingenieursgroep Optimal Energy met Kobus Meiring (van Rooivalk- en Salt-faam) aan die stuur daarvan.

Meiring is ook die seun van een van die Kaap se vorige administrateurs.

Die Joule is reeds ’n paar jaar in wording, met die eerste produksiegereed-modelle wat in 2013 na kopers kan gaan. Intussen beplan die maatskappy om einde vanjaar ’n vloot toetsmodelle in Port Elizabeth op die pad te kry.

Die idee is om die publiek en daaglikse gebruikers se gevoelens oor die buks na te vors.

Wat aandrywing betref, gebruik die Joule slegs batterye en ’n elektriese motor wat 65kW en 280Nm wringkrag lewer. Die Joule sal tot ’n topsnelheid van 135km/h beperk word en ’n reikafstand van 300km hê.

Die elektriese motor word oornag gelaai wanneer daar oortollige krag in die nasionale kragnetwerk beskikbaar is.
Voorlopig mik die groep na ’n prys van R235 000 vir dié vyfsitplek-stadsbuksie. 

 – Beeld

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IT Manager

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Intermediate .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Developer

Centurion
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.