F1 kom dalk Kaap toe
2010-12-03 15:12
Kaapstad - Daar is steeds planne om Formule 1 terug te bring na Afrika toe, berig wheels24.
In Julie het Bernie Ecclestone, uitvoerende hoof van Formule 1, laat blyk daar is planne om 'n Grand Prix baan in Kaapstad te bou.
"Vir 'n geruime tyd al tree ons in gesprek met mense in Suid-Afrika. Die kanse lyk oukei," aldus Ecclestone.
In Kayalami buite Johannesburg is daar 23 wedrenne tussen 1967 en 1993 gehuisves.
Vir die volledige berig, kliek hier.
Volg Nuus24 op Twitter.