F1-bespiegelings kan nou eindelik stop

2010-03-11 10:16
Tweets Share Share line Print

Jenson Button

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Derduisende bespiegelende woorde is die laaste tyd geskryf en gepraat oor wat ons vanjaar in Formule Een kan verwag.

Gelukkig kom dit nou tot ’n einde met die aanbreek van die seisoen dié naweek in Bahrein.

Van volgende week af sal ons meer feite hê om mee te werk en sal ons ook kan bespreek hoe die saadjies van talle storielyne en subtemas begin ontkiem het.

Waarvoor kan ’n mens hierdie naweek alles oplet?
Ná vandag se tegniese inspeksies sal ons weet of ander spanne teen die McLaren MP4-25 se stertvlerk protes aangeteken het of nie. Indien wel, of dit suksesvol was of nie; en indien wel, of McLaren daarteen gaan appelleer of nie. Kortom, gaan dié seisoen soos verlede jaar afskop met ’n stryery oor die wettigheid al dan nie van een of meer van die spanne se ontwerp?

Van Saterdag af sal ons weer die eerste keer in jare jaers teen volspoed, met vars bande en so min as moontlik brandstof aan boord sien kwalifiseer in al drie segmente van die sessie.

Let egter op die mengsel van strategie wat die jaers volg wat tot die top-10-uitklopstryd deurdring: Sommige sal hul vinnigste tyd in dié segment, wat dus hul wegspringposisie bepaal, met die sagste van die twee soorte bande (weer met ’n groen streep op die sywand gemerk) opstel, terwyl ander dit met die harde band sal doen.

Jaers moet in die wedren wegspring met dieselfde stel bande as waarmee hulle hul beste kwalifiseringsrondte afgelê het.

Dié op sagte bande sal Sondag waarskynlik ’n kort eerste skof aflê voordat hulle kuipe toe gaan om die harde band op te sit omdat die sagte band weens die propvol, swaar brandstoftenks baie gou gaan afloop.

Die teenoorgestelde is waar vir dié wat met die harde band gekwalifiseer het. Let op wie volg ’n eenstop- en wie ’n tweestop-strategie.

Dié wat minder stop se motor is waarskynlik beter tussen stuurtraagheid en -oorywer gebalanseer en dus nie so hard op sy bande nie, wat ’n besliste voordeel is.

Let op watter span die vinnigste kuipestop uitvoer.

Omdat kuipestoppe van vanjaar af net om bandomruiling gaan (geen brandstofhervulling meer nie), kan ’n goeie kuipestop maklik ’n posisie vir die jaer opmaak.

Verwag stoppe in die omgewing van drie tot vier sekondes, hoewel Red Bull sê hul beste oefenpoging was slegs 1,?s...


Die jaagtog na die eerste draai ná die wegspring sowel as die eerste paar rondtes sal waarskynlik baie lig werp op wat die res van die seisoen verwag kan word.

Watter jaers is in staat om die oorgang te hanteer van ’n ligte motor tydens kwalifisering en dieselfde motor die volgende dag (geen verstellings word toegelaat ná kwalifisering nie) met ’n bykomende 170kg se brandstof en boonop op koue bande en koue remme?

Dié wat in die eerste draai reguit aan jaag met bolle rook soos hulle probeer rem, sou nie dié toets geslaag het nie!

Watter jaer gaan sy wil suksesvol op sy spanmaat/mede-titelaanspraakmaker afdwing?

Draai Een, Rondte Een van Wedren Een is die beste plek om jou kleim af te steek en dié wat hulle daarby berus, gaan die res van die seisoen klaar met ’n agterstand binne.

Een uitsondering hierop is dié jaers wat miskien vroeg in die ren toegee, maar later in die wedren in staat is om terug te slaan omdat hul bande in ’n beter toestand as dié van vroeëre heethoofde is (verwys na die punt oor kuipestrategie hierbo).

Indien enige van die agt titelgunstelinge uit die vier topspanne Sondag geen punte aanteken nie, is dit so te sê neusie verby vir hom.

Met 25 punte op die spel vir ’n oorwinning, 18 vir tweede, 15 vir derde, ensovoorts tot een punt vir 10de plek, sal konstante goeie vertonings deurslaggewend wees.

Verwoerd is ’n onafhanklike F1-kenner en geakkrediteerde F1-joernalis.

Sy rubriek word op uitnodiging geskryf. Om met die skrywer in verbinding te tree, op sy weeklikse F1-e-nuusbrief in te teken of vir inligting oor Grand Prix-toere, stuur gerus e-pos aan hendrikv@mweb.co.za.

Lees meer oor: formule een

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr MY05
2007
R 139,995.00

TOYOTA

RunX 140 RS 5-dr MY04
2005
R 109,995.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.