Durban: Meer as R300 000 se uitstaande boetes ontvang
2011-04-05 15:03
Durban – Die metropolisie in Durban het die afgelope naweek altesaam R308 630 vir uitstaande boetes tydens padblokkades ontvang, het Eugene Msomi, woordvoerder van die metropolisie in Durban Dinsdag gesê.
Die padblokkades was gemik op motoriste wat nie ag geslaan het op die 50% afslag-periode wat verlede maand geeïndig het nie, het Msomi gesê.
“Meer as 285 voertuie is by verskeie punte voorgekeer en 75 motoriste is in hegtenis geneem.”
Volgens Msomi moes een motoris R31 000 opdok vir agterstallige boetes opdok.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA