Duitse motorbaas in Jhb vermis
2010-02-16 10:50
Kaapstad – Een van die wêreld se bekendste spoedhandelaars, Uwe Gembella, is in Johannesburg vermis.
Gembella, wie se maatskappy wêreldbekend is om motors in te stem, is nog nie bereik vandat hy verlede week in Suid-Afrika geland het nie.
Die 51-jarige Duitser wat gewoonlik in goeie kontak met mense bly, se skielike stilte is baie kommerwekkend.
Duitse owerhede is tans in kontak met die polisie sodat hulle Gembella kan opspoor.
- Wheels24