Duisende steun Hong Kong se motor-veldtog
2012-02-13 15:58
Hong Kong – Meer as 7 000 mense het Maandag hul steun vir die aanlyn-veldtog gegee om slegs 50 motors vanaf China toe te laat om die grens oor te steek en op Hong Kong se paaie te bestuur.
Die groep op die sosiale netwerk Facebook is oopgemaak nadat die regering in Hong Kong dit verlede week aangekondig het.
Altesaam 50 motoriste sal toegelaat word om daagliks die grens oor te steek en in Hong Kong te ry. Die maksimum motoriste wat op 'n gegewe tyd toegelaat sal word is 350.
Bestuurders vanaf Hong Kong sal ook toegelaat word om na die Guangdong-provinsie in die suide van China te reis.
Diegene wat nie ten gunste van die nuwe veldtog is nie het gesê die stad se paaie gaan vol motors wees en dit gaan ook nie meer so veilig wees nie omdat bestuurders vanaf China dit moeilik gaan vind om aan die linkerkant van die pad te bestuur.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA