Dronkbestuur: 17 000 in 8 maande vas
2011-07-14 10:19
Kaapstad – Meer as tien miljoen voertuie en bestuurders is die afgelope agt maande op paaie nagegaan en getoets en meer as 4,5 miljoen boetes is vir verkeersoortredings uitgereik, berig RSG.
Vanaf 1 Oktober 2010 tot 30 Junie 2011 is sowat 42 000 onpadwaardige voertuie van die pad gehaal en ongeveer 17 000 dronkbestuurders in hegtenis geneem.
Die afgelope Maandag is veertien insleepvoertuie by die Langlaagte-toetsstasie in Johannesburg van die pad af gehaal omdat hulle nie aan die wetlike vereistes voldoen het nie.
Sbu Ndebele, minister van vervoer, het padgebruikers aangemoedig om volgende week ekstra versigtig te wees wanneer skole heropen en verkeer meer druk raak.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.