Diewe jag dié Toyotas

2012-01-26 08:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Toyota se Hilux en Fortuner-modelle was die laaste paar maande die gunstelinge onder diewe.

Ao. Annabelle Middleton, polisiewoordvoerder, het gesê dit lyk of daar ’n sindikaat is wat hulle op Hiluxe, Land Cruisers en Fortuners toespits.

Juis omdat Hiluxe en Fortuners sulke hoërisiko-voertuie is, het die Gautrein-bestuur by stasies spesifieke plekke waar dié voertuie geparkeer word, het me. Kelebogile Machaka, woordvoerder van Bombela, wat die Gautrein bedryf, aan Seugnet Esterhuyse bevestig.

Volgens Machaka is veiligheidsbeamptes op alle Gautrein-stasies deur die polisie ingelig dat dié voertuie deur diewe geteiken word.

Hoewel alle voertuie in die parkeerterreine opgepas word, hou veiligheidsbeamptes ’n spesiale oog oor Hiluxe en Fortuners, het Machaka gesê.

Riaan Roux, wat die Gautrein daagliks gebruik, het gesê hy het aanvanklik gedink dit is ’n “foefie” toe veiligheidsbeamptes op die Hatfield-stasie in Pretoria hom vra om sy Hilux naby die ingang te parkeer.

“Ek het gedink dit is ’n scam sodat hulle my voertuig makliker kan steel,” het Roux gesê.

“Toe ek eendag by my voertuig op die tweede verdieping kom, was die wiele vasgeklamp en het veiligheidswagte om my bakkie gestaan.

“Hulle het gevra ek moet naby die ingang parkeer sodat hulle ’n ogie daaroor kan hou, want ’n hele paar voertuie is gesteel.

“Sedertdien parkeer ek op die spesiale plek wat net vir Hiluxe en Fortuners is. Die voertuie word versper.”

Middleton het gesê daar is Saterdag tussen 06:00 en 12:00 drie Hiluxe en twee Land Cruisers in onderskeidelik Lynnwood, Constantiapark en Waterkloofrif, almal in die ooste van Pretoria, gesteel.

Volgens Middleton is dit al sowat ’n jaar dat diewe Toyota-voertuie teiken.

Die meeste van dié voertuie ry in die rigting van Soweto. Dié wat teruggekry word, is gestroop aan die binnekant. Dié res word na Mosambiek en Swaziland geneem, sê sy.

Opspoorders van twee opsporingsmaatskappye wat anoniem wil bly, het gesê die Hilux en Fortuner besorg hulle die meeste probleme en word byna weekliks gesteel.

“Dié voertuie is ons prioriteit. As een gesteel word, vlieg die helikopter dadelik en ons word uitgestuur,” het ’n opspoorder gesê.

“Die voertuig met die VVT-i-enjin pas presies in die Toyota Quantum in, wat ’n taxi is. Die res gaan landuit.”

Leo Kok, korporatiewe kommunikasiebestuurder van Toyota Suid-Afrika, het gesê die polisie het Toyota in 2010 ingelig dat sy voertuie geteiken word.

“Die polisie het ons gewys hoe die diewe die voertuie steel. Ons het in samewerking met die polisie ’n meganiese stelsel ontwerp en verfyn om te keer dat dit gebeur.

“Die stelsel kan in enige Hilux en Fortuner aangebring word,” het Kok gesê. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  toyota

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.