Dié jaagduiwels meer as 100 jaar oud
2012-02-22 13:30
Londen – Vier Britse motoriste van 100 jaar en ouer het spoedoortredings op hul bestuursrekord, het The Telegraph berig.
Dié inligting is onlangs deur owerhede aan die media beskikbaar gestel ingevolge Brittanje se wet op die vryheid van inligting.
Een van die spoedvrate, 'n man, was meer as 100 jaar oud toe hy gevang is. Die drie ander, twee mans en een vrou, was 99 jaar oud.
Daar is op die oomblik 'n totaal van 121 motoriste in Brittanje oor die ouderdom van 100.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.