Dié Merc nie vir gryskopomies

2009-08-28 10:01
Tweets Share Share line Print

E500

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jannie Hennop

Johannesburg -  Daar is darem min dinge wat soveel aandag trek soos ’n Mercedes met twee deure. Dit is vir talle mense asof dít die bewys is dat jy ontsettend baie geld het en op die koop toe seker ook baie gelukkig, geliefd en belangrik is?… en dalk reeds op pensioen.

Merc se nuwe E-klas het onlangs sy plaaslike opwagting gemaak – en saam met die reeks ook die E-klas-koepee.

Die E-klas-koepee vervang die geliefde ou CLK, daardie Merc wat vir gryskopomies met vet beursies bedoel was, het ’n vriend van my altyd gespot.

Die nuweling het darem bloot op grond van sy voorkoms ’n wyer verskeidenheid kopers in die visier. Dit moes eintlik soos met die CLK ’n “C” in die benaming gehad het, want dit deel ’n vloerplan en veringuitleg met die C-klas en nie die E-klas nie. Mag so wees, maar dit deel 60% van sy onderdele met die nuwe E-klas?… Hoeveel het ’n C- en ’n E-klas dan nou eintlik gemeen?

’n C-klas vir E-klas-geld? Noem dit wat jy wil, maar die feit van die saak is dat die driepuntster se adelbloed fris deur elke aar van die koepee pomp. Ons toetsmodel was die E500.

Enjin en verrigting:
4 uit 5
Onder die enjinkap is daar ’n 5,5 liter-V8, ’n ou bekende in die Merc-stal en ’n ware staatmaker.

Die enjin skop in die E500 ’n stewige 285?kW uit met wringkrag van 530?Nm. Dit is meer kilowatts as wat Merc se SLK55 AMG bied.

Daar is ’n sewegang- outomatiese ratkas, 7G-Tronic, wat maar hikkerig en nukkerig was voor dit werkstemperatuur bereik het en nie heeltemal so op sy gemak is soos die nuwer geslag se dubbelkoppelkaste nie.

Maar terug by die hart van die Merc-masjien. Die enjin het my verbaas met sy konstante grom-klank (nie ’n kar vir gryskop-omies nie) en as jy die pedaal roer, word die perde dadelik losgelaat. Nie vreeslik toergierig nie, maar kwaai wringkrag van ’n relatief lae enjinspoed af.

Wees gewaarsku: Die E500 kan 100?km/h in om en by 6 sekondes haal en natuurlik word die topspoed beperk tot 250 km/h.

Rit en hantering:
4 uit 5
As jy die byna koninklike ritgehalte van die E-klas-sedan verwag, gaan jy waarskynlik teleurgesteld wees.

Die koepee is fermer en met sy laeprofiel-18-duimers het jy dit gevoel.

Tog het die E500 probeer om die skokke en ongelykhede te absorbeer en daar was nie veel bokspronge soos by sommige fermgeveerde mededingers gevoel kan word nie.

Wat my verbaas het, is dat dit nie so stamperig was dat jou stopsels uit jou tande wil spring nie. Daar was die minimum meganiese lawaai van die vering wanneer die pad begin lyk het soos hy nie veronderstel is om te lyk nie.

Die toetsmodel was toegerus met ’n sportopsie (standaard op die E500) waar die vering se demping met die druk van ’n knoppie nóg ’n raps fermer gemaak kan word, die ratkas se skakelpatroon aangepas kan word en die petrolpedaal sensitiewer raak.

Dalk is die stuurgevoel nog nie ideaal nie, maar sjoe, dit is darem ligjare beter as in die CLK en vorige C-klas en jy kan die wa deur draaie geniet. Ek reken die stabiliteitsprogram skop soms net te gou in en bederf dan die pret so ’n bietjie.

Binne:
3,5 uit 5
Die binneruim is ’n mengsel van C- en E-klas. Ek het respek vir die manier waarop Merc reken alles moet werk, maar daar is ’n hele paar irritasies.

Die irritasies sluit in die flikkerlig/skerplig/ruitveërhefboom, die Distronic se minder gebruikersvriendelike hefboompie en o wee, daardie voet-noodrem?… Sommige dinge sal ook nooit verander nie.

Ek moet sê: Hoewel die afwerking goed is, lyk die plastiek wat ingespan word net nie na R820?000 – die prys van die wa nie.

Ruimte is billik, glo beter as in die CLK, en die sitplekke (opsionele geriefsitplekke teen R12?000) was effens aan die harde kant, maar tog gemaklik.

Vir die res was die toetsmodel met die opsionele Distronic Plus (R18?100) en ’n nuttige elektriese sonskerm agter (R4?000) toegerus. Distronic is sy geld dubbel en dwars werd.

Die E500 kom standaard met ’n panoramiese sondak met ’n te dun toetrekdeksel wat steeds te veel son deurlaat. Nie ’n goeie ding in Afrika nie.

Ondanks die tekortkomings binne is daar darem ’n waardigheid aan die Mercs se binnekante wat nie so maklik omskryf kan word nie.

Buite:
4 uit 5
Ek moet sê, die E500-koepee het baie aandag getrek. Die voor- en agterkante lyk dieselfde as die groter E-klas-sedan.

My mening is dat die hoekige ligte voor en die lighulse agter beter werk op die koepee as op die sedan. Die agterste hulse is egter nie identies by die C- en E-klas nie.

Die groot heuplyn laat die koepee uit sekere hoeke effens lomp lyk, maar in die geheel is dit ’n mooi wa wat baie sportiewer voorkom as sy CLK-voorganger.

Veral van agter lyk die E500 lekker beneuk met sy lugvloeier waarin die twee uitlaatpype aan weerskante in reghoekige hulse gehuisves word.

Nog iets wat my opgeval het, is dat Mercedes steeds ’n veerstelsel gebruik om die bagasieruim oop te maak en nie hidrouliese stutte soos die meeste ander vervaardigers nie. Die veerstelsel neem plek in beslag en maak te vinnig oop.

Prysvergelyking:
3 uit 5
Die E500-koepee kos R820 000 en daar was sowat R40 000 se opsies op die toetsmodel.
Mededingers is die Audi S5 Quattro Tiptronic (R634 500) en BMW se 335i Steptronic-koepee
(R617 700).

Bevinding:
4 uit 5
Die E500-koepee is ’n wonderlike ryding en ek het die voertuig in byna alle opsigte baie geniet, ondanks die standaard Merc-irritasies.

Hoewel Merc sê dit is meer van ’n E-klas (deel mos 60% van die onderdele), dink ek dit is te duur, veral as jy na sy mededingers kyk. Is die E500-koepee R100?000 tot R200?000 beter as die Audi en BMW? Beslis nie.

Prys, plastiek en briek daar gelaat – hierdie Merc is ’n heerlike en kopdraai-mooi ryding.

- Beeld

Lees meer oor: motors  |  mercedes benz

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... WAT, is daar so iets soos n “Nommer Een Taxi-bestuurder”. Aikona eish ek glo nie daai ding Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

NISSAN

Micra 1.4 Elegance 5-dr
2004
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.