Corolla - nou selfs meer verfynd

2010-07-21 11:18
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Die Corolla is Suid-Afrika se mees gewilde familiesedan – ’n posisie wat hierdie voertuig reeds vir meer as drie dekades beklee.

Nou, sowat drie jaar na die huidige model in September 2007 bekend gestel is, bied die nuwe voorkoms en hoër spesifikasievlak aan die Corolla die nodige stukrag om hierdie posisie aan die bo-punt van die mark vol te hou.

Laag en wyd – die inkoon word verfris


As die gewildste sedan in die land, en ook in die wêreld, het die Corolla die verantwoordelikheid om C-segment-kopers in feitlik al Toyota se wêreldmarkte tevrede te stel.

Toyota se ontwerpers het met ’n ontwerp na vorige gekom wat klem lê op die Corolla se “lae en wye” ontwerp - sonder om die Corolla se internasionale trefkrag te demp.

Die smaller, wyer hoofligte is die eerste ontwerpsverandering wat die oog vang.

Die buffer, met trapesoïdale luginlaat en langer gleufringe vir die voorste misligte, gee aan die Corolla ’n voorkoms wat terselftertyd gespierd en doelgerig is. Die nuwe, meer forse sierrooster, met geïntegreerde chroominsetsels op sekere afwerkingsvlakke, rond die prentjie af.

Die allooivellings van die nuwe Corolla is ook opmerkbaar en die kantspieëls spog nou met ’n geïntegreerde flikkerlig.

Die nuwe, wyer agterligte raaksien spog nou met chroom glanspunte en dit dien as flanke vir die wye nuwe nommerplaat versiering.

Hierdie twee ontwerpspunte, tesame met ’n meer fors en vierkantige agterste buffer met geïntegreerde reflektors, deel die voorste ontwerp se fokus op die lae, wye en doelgerigte voorkoms van die nuwe Corolla.

Nuwe kleure, wat die buitenste ontwerpsverandering afrond en hul aansluit by die bestaande reeks kleure, is Golden Gleam Metallic, Midnight Blue Metallic en Graphite Grey Metallic.

Styl met ’n tikkie houding

Die stuurwiel-rand is dikker en die onderkant is effe afgeplat, in pas met die meer atletiese voorkoms van die romp. Die stuurwiel se hoogte en reikafstand kan verstel word en daar is nou knoppe vir die Bluetooth- en klankstelsel op die Advanced- en Exclusive spesifikasievlakke.

Agter die stuurwiel is ’n herontwerpte Optitron-instrumentpaneel (op die Advanced- en Exclusive spesifikasievlakke) met nuwe helderwit beligting.

Die stuurwiel, deurinvoegsels en glanspunte op die  middelkonsole is nou ’n heldersilwer om sodoende te verseker dat die binneruim dieselfde ontwerptaal van die romp praat.

Hoër spesifikasievlakke

Met ’n sesganghandratkas, lugversorging, spoedsensitiewe deurslotte, ’n radio/CD speler met volle iPod, USB en MP3 aanpasbaarheid, ten minste twee lugsakke, ’n verstelbare stuurwiel, sluitweer-remme (ABS) met elektroniese remkragverdeling (ABD) en remhulp (BAS), ’n hooggeplaasde LED-remlig en voorste elektriese vensters op die mees bekostigbare Corolla, is dit duidelik dat selfs die mees prys-sensitiewe kopers nie teleurgestel sal word nie.

Die opgegradeerde Corolla is voortaan beskikbaar met die keuse van vier spesifikasievlakke, naamlik Impact, Professional, Advanced en Exclusive.

Die Exclusive-spesifikasievlak, wat slegs beskikbaar is op die 2,0 petrol- en turbodiesel-modelle, bied luukse spesifikasies soos sleutellose toegang, outomatiese ruitveërs, ’n dubbelsone outomatiese klimaatbeheerstelsel, leerbekleedsel en deurinsetsels, self-aanpasbare hoë sterkte (HID) ligte, spoedbeheer, knie-, kantgordyn en voorste lugsakke, sowel as kantlugsakke vir die voorste insittendes.

Ekonomiese petrol en dieselkeuses


Die opgegradeerde Corolla bied die keuse van drie petrol en een dieselenjin.

Die hoog aangeskrewe 1,3 Optimal Drive viersilinder petrolenjin is toegerus met lae wrywingskomponente, dubbele intelligente wisselende klepreëling (Dubbele VVT-i) en elektriese brandstofinspuiting wat meer krag uit ’n kleiner slagvolume bied.

Dit is duidelik te sien in die enjin se kragsyfers van 74 kW teen 6 000 rpm en 132 Nm se wringkrag teen 3 800 rpm. Die enjin bied ’n topspoed van 180 km/h.

Die welbekende en gewillige 1,6 liter 16-klep petrolenjin maak ook van VVT-i gebruik om 90 kW teen 6 000 rpm en 154 Nm teen 5 200 rpm te lewer.

Corolla’s wat met hierdie enjin toegerus is, bied ’n topspoed van 193 km/h, wyl hul slegs 162 g/km se CO2 lewer in handrat-gewaad. ’n Viergang outomatiese ratkas is ook beskikbaar as opsie op die 1,6 liter model.

’n Nuwe 2,0 liter petrolenjin het 16 kleppe, elektriese brandstofinspuiting, dubbele VVT-i en dubbele bo-nokasse

Hierdie enjin lewer 102 kW teen 5 600 rpm en 189 Nm teen 4 400 rpm. Die 2,0 liter model, met handrat of outomatiese ratkas, kan ’n maksimum spoed van 200 km/h bereik.

Die kragtige en brandstof-suinige Optimal Drive 2,0 D-4D viersilinder enjin kombineer die voordele van die drukbuis piezo-inspuitstelsel, laegewig- en lae-wrywingskomponente en turbo-aanjaging op 93 kW en 3 600 rpm en 300 Nm se wringkrag in ’n wye band tussen 1 800 rpm en 2 400 rpm te lewer.

Minder geraas en meer gevoel

Die reeks enjins wat beskikbaar is in die nuwe Corolla lewer hul krag na die voorwiele deur ’n sesgang handratkas of, in sekere modelle, deur ’n viergang outokas.

Die goeie stuurgevoel en uitsonderlike voertuigstabiliteit word onderskraag deur McPherson-stutte aan die voorste vering.

Hierdie veringstelsel ondersteun die elektriese kragstuurstelsel wat vanuit die staanspoor herkalibreer is vir beter terugvoer en stuurgevoel.

Agterlangs is die Corolla toegerus met torsie-stawe, terwyl die veringstelsel se dempverhouding – wat aan die Corolla sy goeie padgedrag gee – behoue gebly het.

Die opgegradeerde model spog weereens met ’n klankvlak van slegs 64.4 dB teen ’n konstante spoed van 100 km/h, wat die Corolla een van die stilste in sy klas maak.
 
Vyfster-veiligheid

Die nuutste Corolla is die trotste eienaar van ’n vyfster-botsingsgradering in die streng Europese Nuwe Voertuig Evalueringsprogram (Euro NCAP).

Met tot sewe lugsakke, kant-botsingstawe en ISOFIX-ankerpunte vir kinderstoeltjies in die basis en bopunt van die agterste sitplekke, is dit geen wonder dat Euro NCAP die Corolla se prestasies geloof het nie.

Die Corolla bied ook kopstutte wat sweepslag-ongelukke verhoed (Whiplash Impact Lessening of WIL-sitplekke).

Wye reeks vir alle begrotings

Tien modelle van die opgegradeerde en meer verfynde Corolla is reeds by handelaars beskikbaar.

Die reeks spring weg met die bekostigbare 1,3 Impact-weergawe teen R177 700 en die reeks word afgerond deur die 2,0 D-4D Exclusive, met die mees kragtige enjin en langste lys van luukshede, teen R282 000.

Alle modelle word verkoop met ’n driejaar / 100 000 km waarborg en ’n  vyfjaar / 90 000 km diensplan.

Alle nuwe Corolla’s baat by die ToyotaCare Padbystandsdiens, wat 24 uur se ondersteuning bied. Dit het ook ander voordele, soos ’n  diens om ’n pap battery ’n hupstoot te gee, hulp met ’n pap band en selfs ’n diens om sleutels uit ’n toegesluite motor te kry.

Modelreeks en pryse

1.3 Impact    R177,700

1.3 Professional    R185,800

1.3 Advanced    R201,800

1.6 Professional    R207,400

1.6 Advanced    R222,800

1.6 Advanced 4 O/T    R233,300

2.0 Exclusive sonder VSC    R258,500

2.0 Exclusive 4 O/T sonder VSC    R268,800

2.0 Exclusive met VSC    R262,900

2.0 Exclusive 4 O/T met VSC    R273,200

2.0D Advanced     R253,500

2.0D Exclusive    R282,000

- Nuus24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: toyota corolla

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.