Corolla kry 2.0 liter-woema

2010-08-05 07:58
Tweets Share Share line Print

Deesdae se Corolla is ’n groot wa, maar steeds gewild oor die wêreld heen.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Soos melktert op ’n Saterdagmôre; beskuit in jou koffie gedoop; karwas in die oprit terwyl jy na die top-40 luister.

Jip, die Toyota Corolla is so deel van ons Suid-Afrikaanse psige soos kla oor die ref by die vleisbraai. Nou het Toyota besluit om dié staatmaker ’n raps verder te verfris noudat die sedan bykans halfpad deur sy rakleeftyd is.

Die kosmetiese veranderings is redelik subtiel. Daar’s ’n nuwe sier­rooster wat dieper en skerper lyk (as jy mooi kyk), terwyl die hoofligte ook ’n skerper punt na binne het.

Toyota sê al dié “skerper” punte se doel is om hom ’n forser voorkoms te gee. Myns insiens het die Corolla nie ekstra hulp nodig nie; hy’s heel mooi en vaartbelyn soos hy daar staan.

Binnelangs spog die Corolla nou met ’n dikker stuurwiel en ’n wit agtergrond vir die toereteller en spoednaald. Ook dít moet help met ’n sportiewer aanslag.

Die grootste verandering is onder die enjinkap, waar Toyota sy 1.8-liter deur ’n fris­ser 2.0-li­ter (102 kW, 189 Nm) vervang het.
Dink egter ’n bietjie aan die verkoopsmanne. Vroeër die jaar het Toyota ook sy 1.4 liter-intree­vlakmodel vervang deur ’n 1.3-li­ter. Dié een-punt-drie lewer weliswaar méér krag en wringkrag as die groter-slagvolume-enjin wat hy vervang het, maar probeer dit nou aan die gemiddelde koper verduidelik…

Iets waar ’n mens wel die hoed moet lig vir Toyota, is dat die Corolla-reeks nou regdeur met net ’n sesgang-handratkas beskikbaar is (vir jou handratkeuse). G’n ge­poer-poer met ’n vyfgangkas meer nie. Ongelukkig word dit teenge­werk deurdat net ’n viergang- outomatiese kas as die keuse vir ’n outomatiese ratkas beskikbaar is.

Net vier gange? Selfs in die 1.6-liter het jy maar gestoei teen ’n bult om jou spoed te handhaaf. Die kierie bied wel die keuse om die kas in derde of selfs tweede te hou, maar dan klim die enjin deur die enjinkap en jou brandstofrekening deur jou drinkgeld.

Die punt is, die moderne, hedendaagse Corolla is ’n groot sedan. Hy is lank, groot en swaar.

Om ’n viergang- outomatiese kas aan ’n 1.6-liter te koppel en te verwag jy moet jou spoed handhaaf teen ’n bult, is baie gevra.
Die groter tweeliter gedra hom beter, maar jou belangrikste winste is dat jy beter verbruik- en uitlaatgassyfers het.

Ongelukkig kon ons nie die tweeliter-turbodiesel (93 kW, 300 Nm) bestuur nie, maar dié beloof om die beste keuse van die reeks te wees.

Behalwe vir die meer nugtere, wit afwerking op die instrumente en die dikker stuurwiel, lyk die Corolla ook moderner en meer in pas met sy mededingers danksy sy flikkerligte wat nou ook in sy kantspieëls knipoog.

Voeg daarby dat jy nou ook ’n elek­troniese stabiliteitsprogram (ESP) vir die twee topmodelle (die tweeliters) kan aanvra en die Corolla begin veldgebied terugwen wat hy aan sy mededingers afgestaan het.

Die Corolla is lank nie meer die goedkoop stel wiele vir eerstemotor-kopers van weleer nie. Daarvoor is hy fisiek te groot en te verfynd wat meganika betref.

Maar hy is vandag ’n mooi sedan, ’n sedan wat ’n sagte en stil rit bied. Nie so dinamies soos sy mede­dingers nie, maar doeltreffend. En dis waarom ons nog altyd van die Corolla hou.
 

Lees meer oor: toyota  |  toyota corolla

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Kombi T5 LWB 1.9 TDi MPV Dsl
2006
R 245,000.00

TOYOTA

Yaris Sedan 1.3 T3 Plus
2007
R 114,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.