Clarkson: Die Stig is ‘n Tw*t
2010-09-09 09:16
Londen - Top Gear se Jeremy Clarkson het uitgevaar teen Ben Collins wat onlangs bekend gemaak het dat hy die gemaskerde bestuurder, die Stig, is.
Collins, wat sy resies-loopbaan in 1994 begin het en op Formule 3-vlak gery het, se identiteit as The Stig het bekend geword nadat Londen se hooggeregshof geweier het om ‘n tydelike interdik toe te staan sodat sy identiteit nie in ‘n opkomende boek sal verskyn nie.
Dit kom nadat BBC-vervaardigers het regstappe teen Collins geneem in ‘n poging om hom te verhoed om ‘n outobiografie te skryf.
Clarkson het geen goeie woorde vir Collins gehad tydens ‘n liefdadigheidsgeleentheid in Oxfordshire nie. Hy het hom glo as “geldgierig” beskryf.
“Almal weet dat ons ‘n probleem gehad het met die Stig. Almal weet wat sy regte naam is. Dit is die Tw*t. Nee, dit is die Geldgierige Tw*t,” het Clarkson glo gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
-Wheels24