CO²-belasting bring SA miljarde in die sak
2012-07-04 13:50
Altesaam R2,384 miljard is ingevorder sedert die instelling van belasting vir koolstofuitlaatgasse weens brandstofverbruik, het Pravin Gordhan, minister van finansies, gesê.
Die “groen” belasting, wat gehef word op nuwe passasiersvoertuie wat meer as 120 g koolstofdioksied (CO²) per kilometer vrystel, het op 1 September 2010 in werking getree.
Gordhan het in 'n geskrewe antwoord op 'n parlementêre vraag van die Demokratiese Alliansie gesê vir die tydperk vanaf 1 September 2010 tot 31 Maart 2011 is R625,89 miljoen ingevorder.
Vir die tydperk vanaf 1 April 2011 tot 31 Maart 2012 is R1,617 miljard ingevorder en vir die tydperk vanaf 1 April 2012 tot 30 April is R141,38 miljoen ingevorder.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter