C3 haas in Citroën se hoed

2010-03-04 16:42
Tweets Share Share line Print

Willem Fritz

Johannesburg - Niemand kan Citroën daarvan beskuldig dat hy bang is om nuwe dinge te probeer nie.

Kyk maar na feitlik enige nuwe Citroën – hulle is dalk nie almal ewe mooi nie, maar ’n mens kan hulle beslis nie as vaal of vervelig beskryf nie.

So was die C3 ook ’n interessante voertuig wat die koppe laat draai het toe hy destyds bekend gestel is. Iets anders, al het hy ’n bietjie soos ’n Paaseier op wiele gelyk.

Die C3 was ook een van Citroën se suksesverhale met sowat 2 miljoen wat in die voertuig se leeftyd wêreldwyd verkoop is.

Ook in Suid-Afrika het hy nie te sleg verkoop nie.

Maar hoe gemaak as jy ’n nuwe C3 moet ontwerp? Want getrou aan Citroën se tradisie van innovering moet die nuweling die spreekwoordelike haas uit die hoed haal om die aandag van sy talle sterk mededingers in die mededingende B-segment af te lei.

Die antwoord, blykbaar, is ’n C3 met ’n ellelange voorruit met ’n lengte van 1 350mm wat hier net duskant die bestuurder se bles eindig.

Dit alles vir ’n amper onbeperkte, panoramiese uitsig oor die omgewing vir die bestuurder en die voorpassasier, en ja, selfs vir die agterinsittendes. In die geheel word die voorinsittendes se gesigsveld met 80% vergroot.

Nou wat van die fel Afrika-son?

Dié wat bekommerd is dat hulle permanent ’n buisie sonbrandroom in die kar sal moet hê, kan ontspan, want die boonste 25cm van die ruit het ’n tint wat geleidelik donkerder word om die ergste skadelike sonstrale weg te keer.

En as die son regtig erg brand, is daar ’n skerm met sonflappe wat afgeskuif kan word tot die “normale” posisie en dieselfde funksie vervul as ’n normale dak.

Werk dit? Wel, ja, met die groter voorruit dring heelwat meer lig die kajuit binne en die groter uitsig bring wel ’n nuwe dimensie, maar meer direkte son beteken meer hitte, ondanks die getinte ruit.

Dit bly maar ’n kompromis tussen ’n mooi uitsig en ’n koeler binneruim.

Van buite gesien, vertoon die C3 nou heelwat mooier. Die ronde vorm is steeds daar, maar daar is nou meer gedefinieerde lyne wat bydra tot beter balans.

Anders as wat deesdae die geval is, het die nuwe C3 ook nie veel groter geword nie en hy is steeds een van die kompakste motors in sy klas met ’n lengte van slegs 3,94m.

Daar is min ooreenkomste met sy voorganger en dit lyk of die C3 meer “volwasse” geword het, maar sonder om te veel van sy prettige karakter prys te gee.

Daar is vier modelle beskikbaar in die C3-reeks met die keuse van ’n 1,4 liter- en 1,6 liter-enjin. Die 1,4 liter-enjin wat jy in die basismodel kry, lewer heelwat minder krag as die duurder 1,4 liter-modelle (54kW teenoor 70kW).

Al die modelle is toegerus met ’n vyfgang-handratkas.

’n Outomatiese ratkas en dieselmodel word vir later beplan. Ons het net die geleentheid gekry om met die sterker 1,4liter-model en die topmodel, die 1,6-liter, te ry.

Die 1,4-liter se kraglewering is voldoende en min of meer op standaard, maar sonder enige vuurwerk. Teen opdraandes sukkel hy maar effens en ’n mens sidder om te dink hoe die swakker 1,4-liter sal vaar, veral op die Hoëveld.

Die 1,6-liter is lewendiger, maar ook effens teleurstellend en teen hoër snelhede toer hy hier by die 3 700r/min. en klink effens benoud. Uiteindelik is daar nie ’n vreeslike groot verskil tussen die twee enjins nie.

Waar die C3 wel skitter, is wanneer dit by ritgehalte kom. Die rit is sag; dalk amper ’n bietjie te sag. Dit is net by groter ongelykhede en gate in die pad dat die rit ’n bietjie van sy verfyndheid verloor en die vering soms uitgevang word.

Wat hantering betref, voel die C3 ook heel vasvoetig en oor die stuurgevoel kan ’n mens nie te veel kla nie. Die ratskakeling is bevredigend, maar het ook, tipies Franse motor, ’n “losserige” gevoel.

In die algemeen is die C3 goed toegerus met selfs die basismodel wat met lugversorging, elektriese vensters voor en kantspieëls, ritrekenaar, leerstuurwiel met satellietkontroles, klankstelsel met MP3-prop en ABS spog.

Verder kry die twee duurste modelle luukses soos elektroniese ruitveërs en ligte, klimaatbeheer, spoedbeheer en Bluetooth en hulle spog met ses lugsakke.

Net die twee topmodelle kry die Zenith-voorruit met sy panoramiese uitsig.

Binnelangs vertoon die C3 modern met ’n amperse retro-gevoel om dinge interessant te maak.

Die afwerking lyk goed danksy heelwat sagte plastieke. Die twee topmodelle vertoon veral netjies danksy ’n swart glansafwerking wat in die instrumentpaneel gebruik word en gemaklike Alcantara-sitplekke wat verdere glans verleen.

In die goedkoper modelle word die swart glansafwerking ongelukkig deur ’n plastiekerige, silwerkleurige insetsel vervang wat goedkoop lyk en daar word ook van harde plastiek in die deure gebruik gemaak.

’n Slim idee is die paneelkissie, wat effens uitgehol is om meer beenruimte vir die voorste passasier te bied (wat potensieel meer beenruimte vir die agterpassasier beteken). Die ruimte agter is desondanks effens beperk.

Die nuwe C3 het sy tekortkominge, maar in die algemeen het hy ’n groot sprong vorentoe gegee, veral wat stilering en gehalte betref.

En met Citroën se nuwe verbintenis tot die mark wat handelaars, versiening en onderdele betref en met Peugeot se rugsteun lyk die toekoms vir dié Franse vervaardiger belowend.

Lees meer oor: motors  |  citroen

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.