Boewe vertel hoe hulle motors steel
2012-01-30 12:08
Johannesburg – Twee anonieme motordiewe van Soweto het met The Star gepraat en die geheime van dié diefstalbedryf ontbloot.
Een van die boewe, wat tans tronkstraf vir kapings uitdien, sê hy het al meer as 100 voertuie in gebiede vanaf Randburg tot Melville gesteel.
Diewe kan enigiets tussen R3 000 en R30 000 verdien afhangende van wat hulle steel.
Wanneer dit by voorkeure kom, bly winkelsentrums hul gunsteling-plek aangesien die parkeerterreine ‘n goeie verskeidenheid bied.
“Dit vat een minuut om die Nissan 1 400 bakkie en ‘n Toyota-bakkie te steel,” vertel een van die boewe.
“’n Golf vat twee minute en ‘n Polo vyf minute.”
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter