Boere help pad regmaak

2012-02-03 08:01
Tweets Share Share line Print

Bothaville – Boere wat snags en naweke self moet ingryp om gestrande motoriste op die voosgeryde R59 te help, het hul plaaswerkers gratis tot die departement van paaie se beskikking gestel om die duisende slaggate te help regmaak.

Die pad tussen Bothaville en Hoopstad moes baie jare gelede reeds herseël gewees het, maar dit is nooit gedoen nie. Van die teeroppervlak van dié besige pad is daar nou nie veel oor nie.

Faan Nel, voorsitter van die distrikslandbou-unie, sê al die boere wat hy om hulp genader het, het positief gereageer.

Hulle het met James Nkabinde, plaaslike superintendent van paaie, gaan praat en hul hulp aangebied. Die stuk pad tussen die Humansvlakte-plaasskool en die plaas Ladies Request word nou behoorlik herstel.

Andries Els, ’n boer met ’n plaashuis teenaan die pad, sê hy moet bykans elke naweek motoriste te hulp snel wat op die pad gestrand is met meer as een buiteband wat weens die slaggate in die slag gebly het.

Boere sê hoewel die pad baie vir die vervoer van mielies gebruik word, is dit nie net seisoenale verkeer wat dit gebruik nie. “Die pad is ’n lewensaar in die gemeenskap en ’n middelpunt van die Vrystaat tussen die Suide en die Noorde.

Die departement het die pad in 2011 begin herstel, maar net so skielik weer die werk gestaak. Omdat die teerblad baie jare laas verseël is, is dit nie meer waterdig nie en bestaan nou hoofsaaklik net uit slaggate.

“Ons het ons werkers en hulp aangebied omdat hierdie pad werklik belangrik vir elke gebruiker daarvan is. Ons het ’n goeie samewerking met die plaaslike departement, maar wil die provinsie vra om die erns van die saak te besef. Hierdie is net ’n tydelike maatreël. Dit is ook uiters noodsaaklik dat weegbrûe weer op die pad in werking gestel word. Oorlaaide vragmotors is een van die redes waarom dit in die toestand is waarin dit is.”

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: paaie  |  slaggate

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Test Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000 - R20000

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Administrator

Philippi, Cape Town, South Africa
Cordaid Urban Matters
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.