Bestel nóú jou elektriese Ford Focus
2011-11-07 14:04
Kaapstad – Motorbestuurders wat heeltemal brandstofvry wil gaan kan reeds die nuwe 2012 Ford Focus elektriese motor aanlyn bestel by Ford.com.
“Vandag is ‘n historiese dag met Ford wat die bestellings vir die maatskappy se eerste volle elektriese voertuig oopgemaak het,” het Chad D’Arcy, Focus Electric se bemarkingsbestuurder, gesê.
Volgens hom is die nuwe Focus Electric ‘n belangrike deel van Ford se strategie om nog ‘n opsie vir klante te gee wat ‘n motor soek wat pret is om te bestuur, maklik is om te besit en ten volle elektries is.
Bestuurders wat meer wil weet oor die 2012 Focus Electric can meer besonderhede by die motorvervaardiger se webwerf kry deur http://www.ford.com/electric/focuselectric/2012/ te besoek.
Die Focus Electric se battery kan al oor drie ure herlaai word. Dit is die helfte van die tyd wat dit vir ‘n 2012 Nissan Leaf neem om te herlaai.
– Kliek hier om die volledige berig te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.