Belasting kan ook vir LKV’s geld
2010-08-06 14:37
Kaapstad - Die Nasionale Tesourie se plan om ligte kommersiële voertuie in te sluit by die nuwe koolsuurgas-belasting laat leiers in die industrie luidkeels protesteer, berig Car Magazine.
Die belasting sou aanvanklik net op passasiersvoertuie van toepassing wees.
Nie net sal dit ‘n negatiewe impak op Suid-Afrika se voertuigvervaardiging, invoer- en verspreidingsektore hê nie, maar dit het ook implikasies vir verbande industrieë.
Lees hier meer oor die sage.